Beter belegging in Afrika
Die vernouing van die gaping tussen ryk en arm is die sleutel om die destruktiewe opkoms van populisme te stuit, sê Duitsland se minister van finansies.
"As ons niks doen om die gaping tussen ryk en arm te verklein nie, moet ons 'n opkoms in populistiese partye en demagoë te wagte wees asook 'n toename in onstabiliteit oral oor die wêreld, met al die negatiewe gevolge vir volhoubare groei,” het die Duitse minister van finansies, Wolfgang Schaeuble, in 'n toespraak in Washington gesê.
“Ons sien dit reeds in sommige dele van die wêreld,” het hy tydens die Forum vir Globale Infrastruktuur by die Inter-Amerikaanse Ontwikkelingsbank gesê. Schaeuble is onder die leiers wat die Internasionale Monetêre Fonds en die Wêreldbank se lentevergaderings bywoon.
Hy sê Duitsland, wat die president van die G20-groep is, probeer 'n plan bevorder waarvolgens Afrika-nasies in vennootskap met sekere G20-lidlande en internasionale leners soos die Wêreldbank sal gaan om buitelandse beleggings na die vasteland te lok.
Die eerste fase van die voorstel onder die opskrif “Ooreenkoms met Afrika” sal fokus op Rwanda, Senegal, Tunisië, Marokko en die Ivoorkus.
“Indien ons langtermynstabiliteit en sekuriteit wil verseker, moet ons voortgaan om die gaping in welvaart tussen ryk en arm lande in die wêreld, veral op die Afrika-vasteland, te verklein,” het Schaeuble gesê.
– Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie