Beter belastinginvordering

Planne word gemaak om belasting meer doeltreffend in te vorder en belastingontduiking hok te slaan.
Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn

Die ministerie van finansies is besig om maniere te hersien om van skuiwergate rakende belastingbetaling ontslae te raak.

Belastingontduikingskemas wat spesifiek fokus op trusts en welsynorganisasies word ook ondersoek.

Navorsing word tans gedoen oor die hersiening van wetgewing wat van toepassing is op hoe trusts en niewinsgewende instansies hersien kan word.

Laasgenoemde word dikwels as maniere om belasting te vermy of te ontduik gebruik, het die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, gesê.

Hy sê 'n verskeidenheid maatreëls om die belastingstelsel en inkomste-mobilisering te verbeter, word deur sy ministerie oorweeg.

Hierdie versekering is in die Nasionale Vergadering deur Schlettwein gegee, in antwoord op vrae van die leier van die UDF, mnr. Apius Auchab.

Daar is reeds begin met die ontwikkeling van ‘n geïntegreerde belasting-administrasiestelsel (Itas) om die huidige belastingstelsel, wat sedert 1998 in werking is, te vervang.

Dit sal na verwagting teen 2018 ten volle operasioneel wees.

Erosie van belastingbasis

Ten einde erosie van die belastingbasis en die verskuiwing van wins aan bande te lê, word ‘n eenheid vir die oordrag van pryse in die direktoraat belas met groot belastingbetalers om ondersoeke tot volle kapasiteit te ontwikkel.

Dit moet veral die verskuiwing van wins deur multinasionale maatskappye hokslaan.

Ondersoek word volgens Schlettwein ook ingestel na die lewensvatbaarheid van die instelling van sogenaamde vermoedelike belasting op klein en medium eenhede.

Die beleidsooreenkoms oor dubbele belastingheffing is gefinaliseer en goedgekeur en is daarop gemik om die Namibiese belastingbasis te beskerm.

Inkomste-agentskap

Volgens Schlettwein word die instelling van ‘n inkomste-agentskap ook vir 2018 beplan.

In antwoord op ‘n vraag oor die totale agterstallige belastingskuldlas, het Schlettwein gesê 30% van agterstallige belastingbetalers het gedurende die huidige finansiële jaar N$1,7 miljard van hul skuld betaal.

Altesaam 19% van die totale aantal geregistreerde belastingbetalers is nog in die rooi by die Ontvanger.

In totaal is die uitstaande bedrag wat tot nou toe aan Jan Taks verskuldig is ongeveer N$4 miljard.

Dit is slegs 1,3% van die totale inkomste uit belasting (N$308 miljard) wat in dieselfde tyd ingevorder is.

Schlettwein was dit met Auchab eens dat die instelling van ‘n semi-outonome belastinginvorderingsagentskap die doeltreffendheid van belastingadministrasie sal verbeter.

Sulke agentskappe is egter nie alleen verantwoordelik vir verbeterde belastinginvordering nie, maar dra bloot by tot die prestasie van die belastingadministrasiestelsel.

Volgens Schlettwein sal die totstandkoming van ‘n inkomste-agentskap die bestuur van binnelandse belasting en aksyns integreer, die administratiewe koste verminder, die belastingadministrasie, inligting en die deel van inligting verbeter en belastingbetalers in staat stel om oor dieselfde kam geskeer te word.

Schlettwein het ook daarop gewys dat Namibië se belastingkoers nie hoog is in vergelyking met sommige van sy buurstate nie.

In Angola, Suid-Afrika, Zambië en verskeie ander lande is sekere belastingkoerse tot 40% en in Europa is dit so hoog as 55%.

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.87 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.39 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.87 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.87 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.39 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.87 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%