Betaal, sê burgemeester

CoW skop 2020 af

03 February 2020 | Regering
Augetto Graig - Windhoek se munisipaliteit (CoW) het Donderdag sy eerste sitting vir 2020, onder leiding van sy nuwe burgemeester, me. Fransina Kahungu, gehad.

Kahungu het van die geleentheid gebruik gemaak om te sê die hoofstad se inwoners het die munisipaliteit teen 31 Desember verlede jaar N$935 miljoen geskuld.

Munisipale woordvoerders het onderneem om vroeg vandeesweek besonderhede hieroor vry stel. Intussen doen Kahungu ’n beroep op Windhoekers om hul rekeninge op datum te bring, “omdat diensverskaffing gebrek sal ly sonder ’n finansieel volhoubare stad”.

Ander kwelpunte wat die burgemeester uitgelig het, sluit onlangse grondgryping aan die buitewyke van die Moses Garoeb-kiesafdeling en ander plekke binne die munisipale grense in.

“Hierdie stand van sake word nie verwelkom nie en verg spesiale, vinnige en omvattende ingryping om ons behoeftige inwoners se lot te verbeter,” het Kahungu gesê.

“Inwoners moenie geregtigheid in eie hande neem nie, en moet eerder met die stadsraad saamwerk wat die implementering van vooraf-programme vir grondverskaffing betref,” het sy gesê.

Sy het versoek dat die raad veral op grondverskaffing en bekostigbare behuising fokus.

Die burgemeester neem veral inwoners in die noorde en noordwestelike dele van die hoofstad se omstandighede in oënskou, wat informele nedersettings soos Mix en Groot Aub insluit, het sy gesê.

Sy sou die afgelope naweek raadslede se insette ontvang oor haar plan van aksie wat grond-, water-, krag-, sanitasieverskaffing en gemeenskapsdeelname betref, het die burgemeester gesê.

Intussen versoek sy Windhoekers om hulpbronne spaarsamig te gebruik en munisipale infrastruktuur op te pas sodat dit langer hou.

Me. Brunhilde Cornelius is by die geleentheid as raadslid heraangestel.

Dié RDP-lid moes verlede jaar weens die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) se interpretasie van die Grondwet uit haar pos bedank.

Mnr. Muesee Kazapua, Windhoek se voormalige burgemeester, het nie daarin geslaag om sy 2019-jaarverslag suksesvol in te dien nie.

Die verslag was onvoltooid en afdrukke daarvan is eers tydens Donderdag se vergadering uitgedeel.

Raadslede het verskeie foute in die verslag uitgewys en na aanleiding hiervan het Kahungu besluit om dit vir eers nie te aanvaar nie.

Sy het ook aangedring op die korrekte feite en aandag aan besonderhede wat die notule van 2019 se laaste raadsvergadering betref.

Ten spyte hiervan en ondanks besware is die verkoop van 50 ha grond vir die ontwikkeling van bekostigbare behuising aan Afrikuumba goedgekeur.

Mnr. Matty Amweelo van Omhedi Investments se beswaar was onder meer dat dié grond vir die uitbreiding van die Universiteit van Namibië bestem is, en dat Omhedi sedert 2013 met die munisipaliteit oor grond in gesprek is.

Afrikuumba se koopaansoek is in 2012 ingedien.

CoW se bestuur is aangeraai om die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling vir finale goedkeuring te nader.

[email protected]

Soortgelyk

 

Damme voller

9 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh - Terwyl 99,671 Mm³ (miljoen kubieke meter) water altesaam 10 nasionale damme die afgelope week binnegevloei het, het die weerkantoor opnuut ’n waarskuwing...

Groot kommer oor sprinkaanplaag in Zambezi

9 ure gelede | Omgewing

Ronelle Rademeyer - ’n Plaag van bruin sprinkane uit vermoedelik Botswana teister kommunale boere by Muhundu en ander nedersettings in Katima Mulilo se landelike kiesafdeling...

Goliath, the giant

9 ure gelede | Mense

Elizabeth Joseph Born and raised in Windhoek, Romio Goliath started wrestling when he was 10. Being part of the After School Centre Wrestling...

Weerlig slaan meisie (11) dood

9 ure gelede | Misdaad

Weerlig het Saterdag die lewe van 'n elfjarige kind geëis. Volgens die Namibiese polisie se weeklikse misdaadverslag is Aini Shilongo Saterdag omstreeks 18:00 in 'n...

Weer vir 25 Februarie

9 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Swaar storms word in die noordoostelike streke, Otjozondjupa-, Khomas- en suidelike streek verwag. Die nodige voorsorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk in die...

NamWater to fix Opuwo’s supply woes

9 ure gelede | Plaaslik

Uakutura Kambaekua – Since 2017, Opuwo town has been faced with diminished water supply, a predicament blamed on high water loss in distribution systems, which...

Havana, Otjomuise powered by June

9 ure gelede | Energie

The ministry of urban and rural development has committed a total of N$14 million for electrification for the 2019/20 financial year, an amount that is...

A significant contributor to Namibia's economic landscape

9 ure gelede | Byvoegsels

Hangana Seafood (Pty) Ltd is a 100% Namibian-owned company, passionate about “Creating a future, enhancing life” for its employees, country and the people of Namibia....

Corona: Afrika 66% gereed

9 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Afrika se algehele gereedheidsvlak vir die coronavirussiekte (covid-19) staan op 66%. Volgens dr. Matshidiso Moeti, die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se streeksdirekteur vir Afrika,...