Betaal gou in winkels met ’n tikkie van jou foon

Nuwe tegnologie maak inkopies doen makliker

09 March 2018 | Sakenuus
Stel jouself ’n wêreld voor waar enige betaling, hetsy in ’n supermark, restaurant of selfs op ’n vliegtuig, met een app op jou slimfoon afgehandel kan word. Geen bankkaart of kontant word benodig nie. Net jy en 'n tikkie van jou slimfoon.

Dié droom word binnekort ’n werklikheid danksy nuwe tegnologie deur Entersekt, ’n Suid-Afrikaanse maatskappy wat spesialiseer in mobiele transaksies en sekuriteit.

In plaas daarvan dat gebruikers ’n bankkaart of hordes apps van verskillende betaalplatforms op hul slimfoon moet hê om betalings by verskillende handelaars te maak, stel Entersekt se tegnologie bank-apps in staat om alles in een te wees.

Schalk Nolte, Entersekt se uitvoerende hoof, het by die Seamless-tegnologiekonferensie in Kaapstad verduidelik hoe die tegnologie werk.

Seamless is ’n jaarlikse byeenkoms waar nuwe tegnologie in handel, e-handel en betalings ten toon gestel word.

“Daar is reeds verskeie apps waarmee mense betalings met hul slimfone kan doen,” sê Nolte. Hy noem byvoorbeeld apps soos Snapscan en Zapper, wat mobiele betalings gekoppel aan jou bankkaart bewerkstellig.

“Maar hierdie apps vereis dat jy as gebruiker elke keer jou identiteit moet bevestig, hetsy deur ’n geheime kode of met jou vingerafdruk. En as jy die app die eerste keer gebruik, moet jy jou bankkaart skandeer om te bevestig jy is die regmatige eienaar.”

Volgens Nolte het jou bank reeds toegang tot jou kaartbesonderhede. So waarom kan jy nie soortgelyke betalings regstreeks met jou bankapp doen nie?

80% van banke

Entersekt verskaf reeds mobiele sekuriteitsdienste aan 80% van Suid-Afrikaanse banke en versekeraars se apps, waaronder Nedbank, Absa, Investec en Old Mutual.

Die tegnologie beveilig transaksies en kommunikasie tussen gebruikers se mobiele apps en hul onderskeie banke.

Gebruikers se identiteit word ook bevestig, wat banke in staat stel om te weet dat as ’n transaksie op jou slimfoon gedoen word, dit regtig jy is wat dit doen. Identiteitsbedrog en sekuriteitskwessies soos die omruiling van SIM-kaarte word deur Entersekt se tegnologie uit die weg geruim aangesien die gebruiker se identiteit danksy sy toestel, en nie sy foonnommer nie, bevestig word.

En dis juis omdat banke sonder twyfel weet dit is jy wat besig is om transaksies op die bank se app te doen, wat Entersekt laat besef het dié apps kan ook vir ander tipes betalings gebruik word.

“Ons skep ’n veilige kommunikasiekanaal tussen jou en jou bank, gekoppel aan jou foon,” sê Nolte.

“So waarom kan gebruikers nie hul bank se app gebruik om byvoorbeeld in ’n supermark vir hul inkopies te betaal deur net hul foon te skandeer nie?”

Connekt is Entersekt se volgende-generasie-betaalplatform wat dié tipe betalings moontlik maak.

Dit beskik oor die vermoë om ’n bank se app as’t ware in ’n volwaardige digitale beursie te omskep. Gebruikers kan naatloos daarmee transaksies doen en aankope maak sonder die nodigheid van geheime kodes of om elke keer hul identiteit te bevestig.

Gebruikers sal byvoorbeeld in ’n restaurant net ’n QR-kode op hul rekening met hul bank se app kan skandeer en die rekening is vereffen. Of in ’n supermark by die betaalpunt hul foon op ’n skandeerder tik en hul inkopies is betaal.

“Mobiele betalings is sonder twyfel die toekoms,” sê Nolte. Daarom is dit vir hom belangrik dat sy maatskappy op die voorgrond bly om dié tipe betalings nie net so veilig as moontlik te maak nie, maar ook so gerieflik as wat kan. – Netwerk24

Soortgelyk

 

Man sterf op Walvisbaai-Swakopmund-pad

8 ure gelede | Ongelukke

Die 27-jarige Franico Esly Huseb is vandag omstreeks 07:30 dood, nadat die bakkie waarin hy op reis was op die pad tussen Swakopmund en Walvisbaai...

Eksamenuitslae dán bekend

9 ure gelede | Onderwys

Die voorlopige uitslae vir graad 10 (JSC) en graad 12 (NSSC) hoë vlak vir voltydse en deeltydse kandidate word aanstaande Donderdag (20 Desember) amptelik bekendgemaak....

Drie meisies verdrink in sandputte

10 ure gelede | Ongelukke

Die Namibiese polisie in die Ohangwenastreek het ‘n beroep op kontrakteurs gedoen om sandputte toe te stoot wat geskep is met die uitgrawe van sand...

1,6 miljoen toeriste besoek Namibië in 2017

11 ure gelede | Toerisme

Altesaam 2,2% meer toeriste het Namibië in 2017 as in die vorige jaar besoek met meer as 1,6 miljoen buitelandse toeriste wat die land ingestroom...

Studente betaal meer by Unam

11 ure gelede | Onderwys

Die finansiële verknorsing waarin die Universiteit van Namibië (Unam) verkeer, tesame met die algemene ekonomiese vooruitsig vir die land, het die universiteitsraad genoop om klasgelde...

Plunderwoude: Ministerie ontken ongerymdhede

22 ure gelede | Plaaslik

Elvira Hattingh - Die ministerie van landbou, water en bosbou sê die meerderheid permitte wat vir die oes en vervoer van hout uitgereik is, is...

Polisie op sy knieë

22 ure gelede | Polisie

Denver Kisting – Die inspekteur-generaal van die Namibiese polisie, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, sê die land se finansiële verknorsing het die mag op sy knieë.Ndeitunga het...

Avihe-moordenaar het dalk landuit gevlug

22 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting – As Avihe Cheryl Ujaha (9) nie deur iemand in haar binnekring vermoor is nie, is haar moordenaar(s) waarskynlik al landuit.Só sê die...

Weer vir 13 Desember 2018

22 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met geïsoleerde buie plek-plek in die noordelike en sentrale dele. Elders sal dit sonnig en baie tot...