Bestuurder van ambulans sterf in padongeluk
Bestuurder van ambulans sterf in padongeluk

Bestuurder van ambulans sterf in padongeluk

NAMPA
'n Vroulike ambulansbestuurder (54) van die Oshikotostreek is Saterdag op slag dood nadat die ambulans verskeie kere op die Okahandja-Otjiwarongo-B1-hoofpad gerol het. Volgens die polisie se hoof in die Otjozondjupastreek, adj. komm. Moses Khairabeb was die ambulans met nog 'n insittende onderweg na Otjiwarongo toe die ongeluk plaasgevind het. Khairabeb sê die twee gesondheidswerkers het Donderdag en Vrydag pasiënte van die staatshospitaal op Onandjokwe na die Katutura-staatshospitaal in Windhoek vervoer.

Met hul terugkeer sowat 90 km suid van Otjiwarongo het die bestuurder beheer oor die ambulans verloor terwys sy besig was om 'n vragmotor verby te gaan. Die ander insittende, 'n verpleegster, het ernstige beserings opgedoen en is na die staatshospitaal op Okahandja vir mediese behandeling vervoer. Die oorledene se naam is nog nie bekend gemaak nie. - Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!