Bestemming Tony Rust vir SA se Hotrods

Wilro Dippenaar behoort die Namibiese aanslag teen die besoekers te lei.
Tielman van Lill
Tielman van Lill - Die masjinerie vir die Shell V-Power ovaalbaanrenne wat môrenamiddag by die Tony Rust-renbaan deur die Redline-motorklub aangebied word, is Dinsdag in Johannesburg op Autohaus Truck & Bus se MAN TGS 26.440 Efficientliners gelaai.

Môre lê 'n miernes van bedrywighede van Rotary Hotrods by die Tony Rust-renbaan voor, waar die room van Gauteng se ovaalbaanjaers vir Namibië se Wilro Dippenaar en Jandré Dippenaar gaan uitdaag.

Wilro en Jandré se 1 300 cc-wankelenjins wat sonder turbo-aandrywing op 'n goeie dag sowat 200 kilowatt uitspoeg, is gereed om die Suid-Afrikaanse jaers op tuisbodem te wys waar Dawid die spreekwoordelike wortels gegrawe het.

Wilro, wat gewoond aan spoed agter die wiel van sy tydren- of ovaalbaanmotor is, vertel hy weet nie hoe vinnig die veerligte projektiel van nul tot 100 kilometer per uur versnel nie, maar sê dit is buitensporig vinnig.

“Daar is te veel ander goed wat ons bestuurders se aandag verg terwyl ons jaag. My snelheid is die laaste ding waaraan ek dink, maar ek moet erken dit is ongelooflik vinnig!”

Wilro (kar nommer 9) is 'n gesoute ovaalbaanjaer wat die afgelope tyd gereeld in Johannesburg die Gautengers gaan opdreun en sal beslis met tuisbaanvoordeel die besoekers kan tem.

Hoewel Jandré (nr. 6) nie heeltemal so 'n ervare tydrenjaer of ovaalbaanspesialis soos sy broer is nie, kan sy rou talent vir groot opwinding sorg.

Beide die Dippenaars se Team PZN Panelbeaters-monsters word deur Shell V-Power geborg.

Team PZN sal met nasionale Hotrod-jaers soos Neville Loosemore (nr. 11), Jason Loosemore (15), Michelle Loosemore (46), Frans Joubert (103), Marnus du Plessis (191), Piet Goosen (10), Martin Roux (X10) en Johan Laurier (13) se ervaring te doene kry.

Ongelukkig was Neil Botes verlede naweek by die Rietkuil-baan in Middelburg, Mpumalanga, in 'n groot ongeluk betrokke. Botes het ongedeerd uit sy kar geklim, maar dieselfde kan nie van sy Hotrod gesê word nie. Aangesien die karre reeds Dinsdag vir die reis gelaai is, kon hy nie sy gevaarte betyds vir deelname by Tony Rust herstel nie.

Mauritz Nigrini is nog 'n slagoffer wat nie binne die paar beskikbare dae sy kar vir Windhoek kon voorberei nie.

“Tough luck,” se Nigrini, “ek sal maar volgende jaar weer probeer.”

Hiervoor vergoed die koms van Neville Loosemore, die vetgesmeerde blits wat tans tweede in die Nasionale Hotrod-reeks lê, asook ander nasionale jaers wat môre hul beste hierkom uitstal.

V8-SPRINTS

Hierdie brullende kategorie is een van die gewildste items by ovaalbaanrenne waar die geraas selfs jou T-hemp se etiket saam met jou tandevulsels sal laat tril.

Manne en vroue wat die Namibiese publiek gaan vermaak, sluit in JJ Erasmus (171), Rassie Earsmus (46), Willie Zurich (5), Charlize Carlson (15), Charlie Carlson (11), Shane Carlson (75), Johan Beukes (111) en Chantell Potgieter (181).

Uit plaaslike bodem gaan Deon Diergaardt (Chevy V8 BMW), Geh Visagie (V8 Ford Fiesta), Gerhard Visser (V8 Flexi Frame, nr. 8), Tian Louwrens (V8 Flexi Frame, 88), Jaco Coetzee (Golf-bakkie, 007), Smittie Meyer (16V Corolla, 28), Zackary Martin (J&P Hydraulics VW Golf, 43) en Trevino Oosthuizen (Opel Kadett) hul merk maak.

Kaartjies teen N$50 vir kinders 12 jaar en jonger of N$100 vir ander ouderdomme is reeds by die kantoor van PZN Panelbeaters in die noordelike nywerheidsgebied te koop. Die hekke open môre om 12:00 vir die publiek en kaartjies kan ook by die ingang gekoop word.- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.82 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.91 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.17 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.92 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.82 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.91 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.17 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.92 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%