Bespaar só op jou troudag

20 November 2020 | Byvoegsels
Jy kan slim met jou geld werk en steeds die mooiste troue hê, veral te midde van die finansiële krisis wat die Covid-19-pandemie meegebring het.



ONTHAAL

• Stel 'n begroting op en hou daarby – maak nie saak of dit groot of klein is nie. Doen jou navorsing goed om onnodige uitgawes te vermy.

• Gooi jou kultuur by die venster uit. Probeer oor álles onderhandel. Veral waar jy die onthaalplek se kos en drank gebruik, sal hulle moontlik vir jou afslag gee.

• Bestee jou geld aan die belangrike dinge – 'n strik agter 'n stoel in 'n lokaal met dowwe ligte is eintlik onnodig.

• Probeer om nie mededingend te dink nie. Jy hoef nie by ander kers vas te hou nie. Doen net wat jou en jou ­toekomstige eggenoot gelukkig maak – en jul sak pas!



TROUROK

• Kies eerder ­materiaal sonder kraletjies. Dis gewoonlik duurder en meer arbeidsintensief. Borduurwerk op 'n rok beteken ook meer werk.

• Verruil egte sy vir 'n­ ­gemengde stof. Niemand sal die verskil sien nie!

• Materiaal vir 'n rok met valle, soos tulle en chiffon, lyk dalk na 'n goedkoper keuse omdat dit minder per meter kos. Maar onthou,'n rok met baie valle het baie meer materiaal nodig!

• Jy kan jou rok se prys min of meer só bereken: Neem die prys van jou materiaal (wat die garing en voering insluit) en ­vermenigvuldig dit met 3 tot 6, na gelang van hoe arbeidsintensief die maak van die rok gaan wees. Onthou net, ontwerpers se tariewe verskil ook.

• Nooi minder gaste sodat jy die troue kan hou wat jou hart begeer. Nooi net daardie mense wat jy regtig by jou troue wil hê en wat nog 'n lang pad saam met jou en jou eggenoot gaan stap.



VERSKAFFERS

• Mense dink dis goedkoper om in die winter te trou. Dink mooi hieroor. In die winter moet jy jou gaste warm hou. Boonop moet jou spyskaart groter wees, want mense eet meer om die koue te verdryf!

• Span jou vriende in om te help, maar moet hulle nie misbruik nie.

• Huur diensverskaffers wat omgee. 'n Bekende naam is dalk net agter die volgende tjek aan, terwyl 'n onbekende persoon gretig kan wees om 'n goeie diens teen 'n billike prys te lewer. Loop nogtans lig vir mense sonder ervaring.

• Huur diensverskaffers wat veelsydig is. 'n Spysenier moet kennis van blomme en dekor hê sodat die kos daarby kan aansluit. Goeie verskaffers sal weer ander goeie verskaffers ken.



GRIMERING EN HARE

• As jou grimeerkunste­naar en haarstilis op die groot dag na jou toe kom, bespaar dit tyd en ongerief.

• Probeer een persoon kry wat jou hare én grimering doen. Vra afslag of 'n spesiale pakket vir jou gevolg.

• Kyk hoe die grimeerkunstenaar haarself grimeer voordat jy haar dienste huur. As jou styl met hare ooreenstem, hoef jy nie geld en tyd op oefenlopies te mors nie.

• Jy kan natuurlik self jou grimering doen! Gaan voor die tyd vir 'n grimeerklas. Dan leer jy ook iets wat jy 'n leeftyd sal kan gebruik.

• Versamel foto's van haarstyle waarvan jy hou. Soms het bruide 'n tannie of vriendin wat goed is met hare. Oefen net voor die tyd om jou hare perfek te kry!



BLOMME

• Gebruik wat in die huis is – vra byvoorbeeld vir jou ouma, ma en tannie vir oulike potjies en houers. Dit werk veral goed met die vintage-tema, wat hoogmode is.

• Kies inheemse blomme. Oorweeg ook plante wat jy maklik uit jou eie tuin kan kry.

• Deesdae hoef jy nie meer 'n ton blomme te koop nie – less is more. Speel eerder met ver­skillende hoogtes – langsteelblomme in lang vase kan afgewissel word met korter blomme in breër potte.



FOTOGRAWE

• Met fotograwe is goedkoop duurkoop, en jy kan nie 'n waarde aan jou troufoto's heg nie! Onthou, jy betaal nie net vir die foto's nie, maar vir ondervinding en 'n professionele diens.

• Dit beteken nie jy kan nie spaar nie! Kyk na portefeuljes. Gaan terug en kyk weer. Maak seker die persoon weet wat hy/sy doen.

• Jy hoef nie dadelik al die ekstras te bestel nie. Kies die pakket wat jou sak pas. Jy kan later (as jy meer geld het) die koffietafelboek laat druk.

• Vra vir afslag. Soek iemand binne jou prysklas van wie se werk jy hou en hoor of die prys nie verlaag kan word nie.

• As jy 'n goeie fotograaf het, hoef jou onthaalplek nie noodwendig 'n lieflike uitsig te hê nie. Die grootste deel van die onthaal vind in elk geval gewoonlik binne plaas.

- Netwerk24

Soortgelyk

 

Gesondheidswerkers, leerlinge en onderwysers deel van 343 nuwe gevalle

1 uur gelede | Gesondheid

Sewe Covid-19-verwante sterftes is vandag aangekondig en wel vier in Windhoek, twee in Swakopmund en een in Grootfontein. Die sterftes in Windhoek sluit 'n 63-jarige...

Moller, Hatuikulipi se belange onder vergrootglas

16 ure gelede | Misdaad

Hoofredaksie – Een van die transaksies wat deur die Teenkorrupsie-kommissie (ACC) as deel van die Fishrot-ondersoek gefynkam word, is 'n bedrag van N$8 miljoen wat...

Rekening van N$151 000 bly toe 'jakkals' gly

16 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg – 'n Vermeende glyjakkals wat vir 'n maand saam met sy gesin in 'n gastehuis op Swakopmund gebly en glo nie betaal het...

Mans vas oor vervalsing van Covid-19-toetsuitslae

16 ure gelede | Misdaad

Kristien KrugerTwee Zimbabwiese mans is Saterdag omstreeks 12:00 op Katima Mulilo in hegtenis geneem vir die besit was vervalste Covid-19 laboratoriumtoetsverslae van PathCare Namibië.Die mans...

Reënweer bring groot skade

16 ure gelede | Weer

Kristien Kruger – Terwyl Namibië die derde week van swaar neerslae binnegaan, is groot skade reeds aan paaie, landerye en ander infrastruktuur aangerig. Windhoekers is...

Weer vir 11 Januarie 2021

16 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Noordweste, verre Weste en dele van die //Kharasstreek. Elders sal dit bewolk en warm tot baie...

Regering slaan toe op klaringsagente

16 ure gelede | Regering

Phillepus Uusiku – Die regering is in die finale fase van die instelling van strenger maatreëls vir die lisensiëring van klaringsagente.Die instellings beoog om die...

Nafau wen in hof teen Shoprite

16 ure gelede | Arbeid

Kristien Kruger en Adolf Kaure – Stakende Shoprite-werknemers was Vrydagmiddag verjuig toe die hoërhof in Windhoek beslis het dat ’n interdik teen die Shoprite-winkelgroep uitgereik...

Op die spoor van Hardapdam se opvangsgebiede

16 ure gelede | Infrastruktuur

Kallie Pauw (gasskrywer)Die onlangse wonderlike reën in groot dele van Namibië en verslae daaroor en foto's van vol riviere en dansende boere het mense (soos...