Besonderhede van welvaartsfonds se rykdomme steeds duister
Besonderhede van welvaartsfonds se rykdomme steeds duister

Besonderhede van welvaartsfonds se rykdomme steeds duister

Waar die geld vir Namibië se aangekondigde soewereine welvaartsfonds vandaan gaan kom, is nog 'n duister saak.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer



Buiten 'n aankondiging deur die kabinet dat die vestiging van 'n soewereine welvaartsfonds (SWF) in beginsel goedgekeur is, ontbreek inligting nog oor waar die rykdom vandaan gaan kom om in dié fonds te stort.

'n Week nadat die kabinet die minister van finansies, mnr. Iipumbu Shiimi, se voorstel vir so 'n fonds goedgekeur het, kon nader besonderhede nog nie verstrek word nie.

Mnr. Tonateni Shidhudhu, woordvoerder in die ministerie van finansies, het by navraag gesê die ministerie wag nog op die kabinet om hom skriftelik daaroor in te lig. “Eers dan sal ons in staat wees om gedetailleerde inligting te verskaf oor wat presies die voorgestelde fonds sal behels,” het Shidhudhu se antwoord gelui.



BRONNE VIR BELEGGINGS

Die kabinet het die ministerie opdrag gegee om 'n “interinstitusionele span” saam te stel wat 'n gepaste model en implementeringstrategie aan die kabinet kan voorlê, het die minister van inligting en kommunikasietegnologie, mnr. Peya Mushelenga, in 'n verklaring gesê na aanleiding van kabinetsbesluite wat verlede week geneem is.

Gewoonlik kom soewereine welvaartfondse se beleggings van reserwes van die sentrale bank, inkomste uit die uitvoer van natuurlike hulpbronne soos olie, winste uit privatisering en valutatransaksies.

Veral mineraalryke lande bring soewereine welvaartsfondse op die been, met die grootste deel van die geld wat uit die opbrengs op die ontginning van olie en aardgas kom.

Volgens die Sovereign Wealth Fund Institute was dié fossielbrandstowwe die bron van 60% van welvaartsfondse. Die olieryke lande van die Midde-Ooste het honderdmiljarde dollars wat hulle só in groot poele in die buiteland belê.



VOORBEELDE

Dit is by baie van dié welvaartsfondse wat die sukkelende Amerikaanse banke tydens die finansiële krisis van 2008 om finansiering aangeklop het.

Lande wat bekend is vir hul soewereine welvaartfondse is Noorweë, wat van die winste uit sy oliebedryf daarin opgegaar het, asook Rusland en die Verenigde Arabiese Emirate.

Suid-Afrika het in 2010 al aangekondig hy gaan 'n soewereine welvaartsfonds op die been bring, en dit het steeds nie geskied nie. Pres. Cyril Rama­phosa het in sy staatsrede vroeër vanjaar opnuut weer so aankondiging gemaak. 

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!