Besoekers, gooi maar 'n wye draai
Besoekers, gooi maar 'n wye draai

Besoekers, gooi maar 'n wye draai

Dani Booysen
EK-SKAAM-MY SKRYF:

Grootfontein is 'n klein, vuil, patetiese dorpie.

Die gemeenskap het al vele kere die dorp probeer skoonmaak. Die munisipaliteit is "non existing".

Dreine in die dorp is vir weke en selfs maande verstop en rioolwater loop die aarde vol. Dis vuil en vieslik en 'n hoë gesondheidsrisiko.

Tuin vullis word nie verwyder nie. Party hope is al so groot dit lê in die strate. En as dit dalk, wat 'n baie groot dalk is, verwyder word, word dit half gedoen.

Die ingang van die dorp is 'n suip- en kuierplek en daar is nou al selfs 'n selfgemaakte sokkerveld.

Die middelmannetjie/sypaadjies voor die bank en winkel in die hoofstraat is so vol straatverkopers dat 'n mens nie eers daar kan loop nie. By die vierrigtingrobot op die hoek by die ingang van die dorp plak 'n klomp mense in tente onder die boom!

Die grondstrate is onbegaanbaar vol gate en slote. Die voetoorgange by die laerskool is nie geverf nie, en mens kan dit nie op 'n afstand sien nie en as jy nie van dit weet nie, beskadig dit jou voertuig.

Sypaadjies is 'n groot risiko vir mense om op te loop weens swak instandhouding.

Cenored se straatligte werk al vir maande nie en is ook al gerapporteer.

By 'n ander winkels is die parkeerarea vol gate.

Die dorp is 'n seer oog vir toeriste en vakansiegangers.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!