Besny teen MIV/vigs
Die nuwe vrywillige mediese manlike besnydenisprogram (VMMC) wat deur die Amerikaanse President se Noodplan vir MIV/vigs-verligting (Pepfar) gefinansier word, is amptelik van stapel gestuur.
Die program, wat oor vyf jaar strek en sowat US$33,5 miljoen beloop, word deur die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) en die Amerikaanse Agentskap vir Internasionale Ontwikkeling (Usaid) gelei.
Deur middel van die VMMC-program sal vrywillige mediese manlike besnydenisdienste Namibiese mans in 11 streke bereik.
Mans wat besny is, het ’n 60% laer risiko om MIV op te doen in vergelyking met mans wat nie besny is nie, het Amerika se ambassadeur vir Namibië, me. Lisa Johnson, tydens die bekendstelling van die program gesê.
Volgens haar is vrywillige besnydenis een van verskeie maniere waarop mans hulself teen MIV kan beskerm.
Ander maniere sluit onder meer die gebruik van ’n kondoom in. Sy het egter beklemtoon besnydenis is nie ’n plaasvervanger vir ’n kondoom nie, wat steeds die beste beskerming teen MIV bied.
Tans is 94% van MIV-positiewe Namibiërs van hul status bewus.
Sowat 96% van diegene wat van hul status bewus is, is op antiretrovirale behandeling, waarvan 95% se virale lading in hul bloed gedaal het tot op onopspoorbare vlak.
Dit beteken dié mense kan die virus nie oordra nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie