Besluit oor kwartale in September verwag
Besluit oor kwartale in September verwag

Besluit oor kwartale in September verwag

Konsultasies het glo goeie gesprekke gestimuleer.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht



'n Finale besluit oor of skole aanstaande jaar na 'n stelsel van vier kwartale gaan terugkeer, word teen einde September verwag.

Volgens die permanente sekretaris van onderwys, kuns en kultuur, is verlede jaar reeds oor 'n breë spektrum met rolspelers gekonsulteer oor die moontlikheid om vier kwartale in al 14 streke in te stel.

Die konsultasies het volgens haar goeie gesprekke oor die implikasies van so 'n verandering gestimuleer.

Dit sluit ook die voor- en nadele van die kwartaal- en termynstelsel in.

Die oorweging van 'n kwartaalstelsel is volgens me. Sanet Steenkamp gebore uit die Nasionale Vergadering se aanvaarding van 'n verslag oor Namibiese tyd in Julie verlede jaar.

In die verslag is die ministerie gevra om oorweging aan twee aanbevelings te skenk.

Een voorstel was die regulering van skooltye en die skoolkalender in terme van die onderwyswet, en onderhewig aan die bevindinge van die verslag, asook konsultasie met ouers en rolspelers.

Voorts moet oorweging geskenk word aan die instelling van die kwartaalstelsel met spesifieke fokus op 'n behoorlike wintervakansie.

Volgens Steenkamp ontleed die skoolkalenderkomitee tans verslae uit die streke sowel as indiepte-insette van verskeie direktorate.

“Die uitvoerende bestuur sal alle vergelykings en voorstelle bestudeer voordat dit aan die nasionale advieskomitee voorgelê word wat finale aanbevelings sal maak.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!