Beskuldigde in dubbele moord getuig
Beskuldigde in dubbele moord getuig

Beskuldigde in dubbele moord getuig

Die man wat van die moord op sy twee kinders in Desember 2009 beskuldig word, het vandeesweek in die hof getuig.
Jacqueline Louw
Jacqueline Louw - “Ek het kos gemaak, saam met my kinders geëet, ons het televisie gekyk en ek het aan die slaap geraak. Ek het wakker geword van iemand wat my wurg. Ek het 'n tweede keer in die Katutura-hospitaal wakker geword,” het oud-sekuriteitswag Jonas Shinana (33) op 15 Mei in die Windhoek-hoërhof getuig oor die voorval waartydens sy twee kinders op die vooraand van Kersfees 2009 vermoor is.

Shinana het verder getuig dat hy nie weet hoe hy in die hospitaal beland het nie. Hy was omring deur polisiebeamptes toe hy in die hospitaal wakker word, wat hom gevra het hoekom hy sy kinders vermoor het.

“Ek was so verward dat ek nie geantwoord het nie," het Shinana vir regter Nate Ndauendapo gesê.

Toe Shinana se regsverteenwoordiger, mnr. Bradley Basson, gister aan hom gestel het dat polisiesersant Moses Shivolo getuig het dat Shinana hom meegedeel het dat hy die kinders doodgemaak het omdat hulle swaargekry het, het hy dit ontken.

Shinana, wat teregstaan op twee klagte van moord, het beide klagte ontken met die aanvang van sy verhoor in Februarie 2014.

Die staat beweer Shinana het sy sesjarige seun, Matheus Shinana, en driejarige dogter, Emilia Naatye Shinana, in Wanaheda, Windhoek, tussen die nag van 23 Desember 2009 en die oggend van die volgende dag vermoor, terwyl hulle in sy sorg was.

Die staat beweer ook dat hy probeer het om selfmoord te pleeg ná die dubbele moord.

Die twee kinders se liggame is op 24 Desember 2009 in Shinana se huis gevind. Albei kinders se kele was afgesny. Basson het gister aan die hof gesê dat sy kliënt nie die verklaring wat hy op 28 Desember 2009 onderteken het en waarin hy sekere erkennings gemaak het, vrywilliglik gemaak het nie en dat hy die verklaring betwis. Shinana het getuig dat Shivolo vir hom gesê het hy moet die verklaring teken sodat hy na Shinana se huis toe kan gaan om 'n hemp vir hom te gaan haal vir sy hofverskyning die volgende dag.

“Toe ek moeg geword het, het ek net geteken sodat ek my klere kon kry,” het hy aan die hof vertel.

Die verhoor duur vandag voort.

Staatsadvokaat Palmer Kumalo tree namens die staat op.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!