Beskou uitdagings as geleenthede

17 July 2020 | Motors
Chrisna ­Basson, ­bemarkings ­bestuurder by King Price versekering



Die COVID-19 pandemie hang soos 'n grys wolk oor almal se koppe, maar daar is ook goeie nuus. 'n Mens kan die tyd gebruik om jou geldsake en lewe te bevraagteken. Met dit kom daar baie keer veranderinge wat baie positief is, veral in die lang termyn. Die wêreld gaan altyd aanhou innoveer en ver­ander, en ons moet leer saam speel. Dis baie normaal om verande­ring te probeer vermy, maar ons as Namibiërs is die land van die dapperes. By King Price is ons ­optimisties, want ons glo Namibië het nog­steeds 'n blink toekoms. Ons gaan net sterker en beter word.

Ons is 'n trots Namibiese maatskappy wat in 2016 ons deure oopgemaak het.

Vandag is ons al meer as 70 werknemers, met takke in Swakopmund, Walvisbaai, Otjiwarongo, ­Ongwediva, Mariental en Windhoek. Die rede vir ons groei en sukses is eenvoudig; Laer premies, beter pryse, ­goedkoper versekering. Ons besigheidsmodel is 'lean and mean' om dit te kan bied. Ons kan definitief ons impak sien! Ons het nou die dag die som gemaak – van Maandag tot Vrydag wen ons elke 15 minute 'n nuwe klient. Dis regtig lekker om deel te wees van 'n besigheid wat waarde vir geld bied om 'n verskil te maak. Jy sien dit in almal wat by ons werk. Ons besigheidskultuur is een van hulpvaardigheid, vriendelikheid en positiwiteit.

Ons is ook die eerste versekeraar wat dalende premies aanbied. Dit beteken jou maandelikse premie verminder soos die waarde van jou motor daal. Maak tog net sin en dis baie lekker om daai SMS te ontvang! Vir kliënte met golfstokke, gewere en fietse bied ons ook N$1 versekering aan. So ons innoveer lekker om alternatief te bly. Sodra mens daai tipe mentaliteit het, raak uitdagings vir jou geleenthede. En dis wat ons hoop vir elke Namibiër.

Soortgelyk

 

Geingob sê oor Covid-19-weg vorentoe

58 minute gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, sê pres. Hage Geingob sal vandeesweek ’n aankondiging maak oor die regering se voortgesette hantering...

Covid-19: Aankondiging kom oor pad vorentoe

2 ure gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, sê pres. Hage Geingob sal vandeesweek ’n aankondiging maak oor die regering se voortgesette hantering...

Geingob onder skoot oor ‘wit’ opmerkings

14 ure gelede | Politiek

Denver Kisting – Die leier van die amptelike opposisie, mnr. McHenry Venaani, sê wat pres. Hage Geingob die afgelope naweek oor wit mense kwytgeraak het,...

Verskeie daaglikse vlugte binnekort na SA

14 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer – FlyWestair en Airlink, die private Namibiese en Suid-Afrikaanse rederye, het tot reisigers se redding gekom en gaan die leemte aan direkte, geskeduleerde...

Skone Lira bemark Namibië

14 ure gelede | Toerisme

Die Suid-Afrikaanse sangeres Lira, wat die inperking in Namibië deurgebring en uitgebreide verkenningsreise in die land onderneem het, is deur die Federasie van Namibiese Toerismeverenigings...

Weer vir 19 Oktober

14 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloedig warm in die Ooste. Elders sal die sonnig wees en baie warm tot bloedig wees. KUS: Gedeeltelik bewolk en koel...

Verdagte panga-rowers in hegtenis

14 ure gelede | Misdaad

Kristien KrugerVolgens ’n Namibiese polisieverslag is sewe mans in hegtenis geneem in verband met ’n aantal gewapende rooftogte in Windhoek.Die mans het hulself glo die...

Massavrekte van robwelpies ondersoek

14 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh – ’n Ondersoekspan het begin om ongewone vrektes onder Kaapse pelsrobbe te ondersoek nadat klaarblyklik duisende wyfies vanjaar hul welpies teen die Namibiese...

Vier ton vis by Swakoppoort gekonfiskeer

14 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer en Kristien Kruger – Sowat vier ton gedroogte vis en groot hoeveelhede visnettte en vislyn, asook die vlotte wat gebruik is om dit...