Beskerm werke in Covid-19 se nasleep
Beskerm werke in Covid-19 se nasleep

Beskerm werke in Covid-19 se nasleep

Nuusvrystelling



Namibia Media Holdings (NMH) beskou arbeid as die hartklop van die ekonomie.

Om elkeen van die groep se sowat 300 werknemers se werkgeleenthede te beskerm, staan daarom voorop, sê die groep se uitvoerende hoof, mnr. Albe Botha.

Namibië is nie uitgesluit van die ekonomiese slagting wat Covid-19 wêreldwyd veroorsaak het nie. Ook in Namibië kan tienduisende hul brood en botter weens die pandemie verloor.

NMH het in lig van die impak op die herbelyning van produktiwiteit besluit om ekonomiese uitdagings op ‘n volhoubare wyse die hoof te bied (sien grafika).

Sleutelaspekte van ‘n nuwe wyse van sake doen, sluit volgens Botha ook selfs meer betroubare dienslewering en optimale produktiwiteit in. Opofferings is volgens hom nodig terwyl ruimte vir hernude groei geskep word.

Personeel se werkure is met 20% na 36 ure per week verminder. Ekstra ure sal teen normale of ooreengekome oortydskale vergoed word.

Personeel kan buiten vir die tydelike bydraevakansie by die Maatskaplike Voorsorgkommissie (SSC) en die verligting wat laer rentekoerse bied hul mediesefondsdekking herbeding en die beleggingskomponent van hul pensioen (tot 11%) tydelik inspan om hul inkomste aan te vul. Individue kan dus tot 89% van hul inkomste behou; in reële terme byna dieselfde as vóór verhogings van 5% in Januarie toegestaan is.

Die bedeling sal oor drie maande geherevalueer word. Ekonomiese aktiwiteit sal volgens Botha landwyd met ver meer as 30% verminder.

Die media kwalifiseer tans nie vir enige subsidies buiten die SSC se toegif nie. Indien dit verander, sal personeel dienooreenkomstig terugwerkend vergoed word indien van toepassing. Enige verlagings in die koste van huur, voorrade en dienste sal ook in vergoeding teruggeploeg word.

NMH het sedert die identifisering van die eerste geval van die coronavirus in die land daagliks al sy aanlyn- en sosialemediaplatforms ingespan om betroubare inligting aan mense te voorsien. Hierdie relevansie sal verder uitgebou word. NMH gaan ook volstoom voort met die unieke onderrigprogram vir ‘n geskatte 600 000 laerskoolleerlinge, in druk en aanlyn, wat verlede week bekendgestel is.

Covid-19 het volgens Botha bloot uitdagings waarmee die media reeds enkele jare worstel aansienlik versnel.

Toegang tot die groep se webwerwe en aanlynkoerante bly, buiten vir aantekening, verniet. Aanlynkoopfunksies sal teen die einde van Junie volledig uitgerol wees.

Die jaarlikse Namibië Toerisme Ekspo (NTE) sal vanjaar vanaf 9 tot 12 November plaasvind. Plaaslike toerisme sal nog sterker bevorder word met besoekers wat reisbewyse ter waarde van ‘n totale bedrag van N$1 sal ontvang.

‘n Gesamentlike nuusprogram van NMH se eie koerante en ander platforms, met erkenning aan ander media in die land, word elke dag om 13:00 op Facebook uitgesaai en het gister sy debuut gemaak.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!