Besit jou eie brokkie geskiedenis
Besit jou eie brokkie geskiedenis

Besit jou eie brokkie geskiedenis

Tanja Bause
Tanja Bause – Vir net N$100 kan ieder en elk nou ’n stukkie geskiedenis besit.

In 2012 is die 100 jaar oue koperdak van die Felsenkirche op Lüderitz vervang. Die koperplate is gesmelt en muntstukke is gemaak met ’n afdruk van die kerk daarop. “Die munte word verkoop en die geld word vir die instandhouding van die kerk gebruik. Daar is nog sowat 250 van die munte beskikbaar,” het mnr. Siggi Soltau, die vrywillige opsigter daar, gesê.

Die kerk het 30 lede en elke twee maande kom ’n pastoor uit Swakopmund om daar te preek. Die diens word in Duits aangebied.

Die Felsenkirche is volgens die planne van mnr. Albert Bause op die Diamantberg gebou. Die kerk is deur donasies van Duitsland met ’n bedrag van 46 000 mark gefinansier. Dit is op 4 Augustus 1912 met die eerste diens ingewy.

Die groot altaarvenster - “Jesus maak die storm stil” - is deur keiser Wilhelm II geskenk. Ander skenkings is die drie Lutherse vensters deur hertog Joachim Albrechts von Mecklenburg, die Bybel deur keiserin Auguste Victoria, die silwer doopware deur die Schusters-egpaar en die gekerfde eikehoutmeubels deur die kunstenaar Friedrich Ditzel.

Besoekers kan Maandae tot Saterdae tussen 17:00 en 18:00 die kerk besoek om al die historiese skatte te besigtig.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!