Beserker slaan 2-jarige nefie na bewering met graaf dood
Beserker slaan 2-jarige nefie na bewering met graaf dood

Beserker slaan 2-jarige nefie na bewering met graaf dood

Ronelle Rademeyer
‘n Tweejarige seuntjie is vroeg Saterdagoggend dood toe sy 50-jarige oom hom na bewering met ‘n graaf aangeval het, terwyl ‘n driejarige meisie wat hy bygedam het, ernstige besering opgedoen het.
Volgens die polisie se misdaadverslag het die voorval 07:00 Saterdag by Ethiya-nedersetting in die Omuntele-gebied plaasgevind.
Die oorledene, Martin Junior Horaseb, is volgens die polisie na bewering met die graaf teen die kop gekap en is op die toneel dood. Die meisietjie het ernstige beserings aan haar nek opgedoen en is in ‘n kritieke toestand in die Onanjokwe-hospitaal.
Die man het glo ook ‘n hond doodgemaak en eiendom in die huis beskadig, voordat hy na die bure se huis is waar hy die vensters van twee voertuie en ‘n cuca-winkel se deur beskadig het.
Dit blyk hy is deur lede van die gemeenskap aangekeer en aan die polisie oorhandig toe hulle later daar opgedaag het.
Hy sou vandag in die landdroshof op Ondangwa verskyn nie. Die polisie se ondersoek na dié voorval van moord, poging tot moord, wreedheid teenoor diere en opsetlike saakbeskadiging duur voort.
Intussen ondersoek die polisie ook die dood van die 1-jarige Queen Elizabeth Mwilima wat Vrydagmiddag omstreeks vyfuur na bewering by Marema in Kavango-Wes in ‘n put verdrink het.
Volgens die misdaadverslag is sy deur ‘n 11-jarige alleen gelaat. Haar ouers is die vorige dag weg en het haar by ander familielede gelos. Hulle het die baba weer die volgende dag in die 11-jarige se sorg gelaat, wat met haar rivier toe gegaan en haar daar alleen gelaat het. Haar naasbestaandes is van haar dood in kennis gestel.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!