Besef die erns van grondhervorming
Besef die erns van grondhervorming

Besef die erns van grondhervorming

Dit is noodaaklik dat kommersiële grondeienaars met die president saamwerk ten einde vrede en politieke stabiliteit te behou.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - “Ek lê nagte wakker om te dink oor wat ons méér kan doen.

“Ek erken ook dat meer gedoen kan word.”

So het die president van die Namibië Landbou-unie (NLU), mnr. Ryno van der Merwe, die afgelope naweek op Republikein se vrae gereageer ná afloop van die tweede nasionale grondkonferensie, waar ingrypende besluite oor die toekoms van grondbesit en -hervorming geneem is.

“My grootste bekommernis is hoe om ‘n besef onder alle grondeienaars tuis te bring van die erns en dringendheid van die president se boodskap, asook watter groot uitdaging en verantwoordelikheid op ons skouers rus.

“Die president het Vrydag ‘n harde en reguit maar ook ‘n dringende boodskap vir almal gehad – spesifiek vir grondeienaars – oor ongelykheid en armoede wat oorwin moet word sodat elke Namibiër ‘n waardige lewensbestaan kan voer. Hy het ook direk met wit Namibiërs gepraat.

“Hy het dit duidelik gestel dat die huidige status quo nie langer verduur sal word nie,” het Van der Merwe gesê.

Van der Merwe sê die feit dat die president en senior amptenare deurlopend tydens die konferensie teenwoordig was, was vir hom ‘n aanduiding van hoe ernstig hulle oor die kwessie was. “Dit wys die president wou persoonlik luister na elkeen se behoeftes en standpunte.”

BESLUIT OOR EIE TOEKOMS

Hy sê alhoewel die NLU reeds dekades gelede besluit het om deur georganiseerde landbou deel te wees van die oplossing, asook vrywillig aan grondhervormingsprosesse deelgeneem en insette gelewer het, rus daar ‘n groot verantwoordelikheid op kommersiële boere se skouers om voorts selfs méér te doen.

“Ons moet onsself afvra: Bly ons deel van die oplossing? Die enigste ander keuse is om deel te wees van die probleem en nié bydraes te lewer nie. In die geval moet ons weet: Daar sal vir ons besluit word en dié besluite sal nie noodwendig aangenaam wees nie,” het Van der Merwe gesê.

“Elkeen moet homself egter eerlik afvra wat hy meer kan doen, en in die antwoord aan jouself, neem jy ‘n besluit oor jou eie toekoms.

“As jy besluit om net voort te gaan soos voorheen, wag daar ‘n verrassing. Die punt is ons kan nie aanhou om slegs die minste te wil doen nie.

“Ons as georganiseerde landbou en as die leiers van baie grondeienaars, moet die president se hand vat en na sy versoeke luister, sodat ons die land ‘n plek kan maak waar elke Namibiër in vrede en politieke stabiliteit kan voortleef.

“Daar is natuurlik altyd hoop vir die kommersiële boere wat deel van die oplossing is,” het Van der Merwe gesê.

“Ons kan egter nie langer verwag dat die NLU namens ons sal praat nie; mooipraatjies is nie meer goed genoeg nie. Die president soek dade en aksie.”

NLU BESKOU AS DIÉ WAT HET

Van der Merwe het ook gesê tydens die konferensie het almal behoeftes en eise gehad om aan die president te stel.

“Moet hy alleen gehoor hieraan gee? Dit is nie moontlik nie. Elke landsburger sal homself moet afvra wat hy gaan bydra,” het Van der Merwe gesê.

Hy sê tydens die konferensie het hy ook besef die NLU word beskou as verteenwoordiger van dié wat het.

“Alle vingers wys na ons – ‘n minderheidsgroep wat die ekonomie beheer. Ons kon ons standpunte stel en insette lewer, maar dalk nie altyd sê wat almal graag wou hoor nie.

“Tog was ons teenwoordigheid daar ook ‘n geleentheid om welwillendheid te kweek en te netwerk. Daar was ook waardering vir ons teenwoordigheid en sommige konferensiegangers het hul waardering daarvoor uitgespreek dat ons in die konferensie bly sit het. Die konferensie het gehoor hóé ons dink, maar grond is egter ‘n sterk emosionele en politieke kwessie.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.54 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.2 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.2 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 320.80/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.45/lb UP +0.99% | Zinc US$ 2 839.60/T UP 1.34% | Brent Crude Oil US$ 87.98/BBP DOWN -0.004 | Platinum US$ 901.31/OZ DOWN -0.0094 Sport results: Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Weather: Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.54 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.2 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.2 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 320.80/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.45/lb UP +0.99% | Zinc US$ 2 839.60/T UP 1.34% | Brent Crude Oil US$ 87.98/BBP DOWN -0.004 | Platinum US$ 901.31/OZ DOWN -0.0094