Beseerde fietsryer sterk goed aan
Beseerde fietsryer sterk goed aan

Beseerde fietsryer sterk goed aan

Dani Booysen
Die manlike deelnemer aan die Desert Dash wat gister tydens die eerste trajek van die wedren geval het, sterk volgens inligting goed aan.
Hy sal waarskynlik binne die komende dae uit die intensiewesorgeenheid van die Lady Pohamba Private Hospitaal in Windhoek na ‘n gewone saal oorgeplaas word.
Nadat Republikein gister die nuus oor dié ongeluk gebreek het, is boodskappe van beterskap en ook boodskappe van bekommernis van wyd en syd ontvang.
Johan Pieters van die span Sandvik verkeer volgens beskikbare inligting buite gevaar en sy beserings is blykbaar nie so ernstig as wat aanvanklik vermoed is nie. Pogings om met sy familie en ander spanlede kontak te maak, was onsuksesvol.
Anders as wat aanvanklik berig is, is intussen bevestig dat Kirsty Brits van die span Sivo wat op dieselfde plek geval het, haar bekkenbeen gebreek het en nie Pieters nie.
Namibia Media Holdings se Dash-verslaggewingspan wens beide fietsryers spoedige herstel toe.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!