Beroepsonderrig kry steun
Namibiese rolspelers soos die Namibiese Opleidingsowerheid (NTA), die ministerie van hoër onderwys, opleiding en vernuwing, die Duitse ambassade in Namibië, asook die Europese Unie (EU) het 'n leidende rol gespeel in die vestiging van 'n hulpbronsentrum vir e-studies in die noorde van die land.
Die hulpbronsentrum by die Valombola-opleidingsentrum vir beroepsonderrig (VVTC) vorm deelvan 'n ondersteuningsprogram vir Tegniese Beroepsgerigte Onderrig en Opleiding (TVET) in Namibië.
Die sentrum vorm deel van die EU se naaf vir opleiding wat geïmplementeer word deur die projek vir die Bevordering van Beroepsgerigte Onderrig en Opleiding in Namibië (ProVET). Laasgenoemde is 'n gesamentlike, tegniese samewerkingsprojek van die NTA en die Deutsche Gesellschaft für Internationale Zusammenarbeit (GIZ) GmbH namens die Duitse ministerie vir ekonomiese samewerking en ontwikkeling (BMZ) en die EU. Die Duitse regering ondersteun TVET in Namibië deur ProVET sedert 2012. Die huidige fase van die ProVET-projek, teen 'n beraamde koste van €9 miljoen, het op 1 April afgeskop en duur 30 maande.
Die EU se naaf vir opleiding het ten doel om toegang tot TVET te verhoog deur die kwaliteit van beroepsgerigte opleiding binne 'n groep beroepsgerigte opleidingsentrums in die Noorde, naamlik Nakayale, Eenhana en Valombola, te verbeter.
Danksy die geldelike ondersteuning van die EU word moderne toerusting vir inligting- en tegnologie by die drie sentrums verskaf.
Tydens die amptelike oorhandiging van die toerusting het die EU se raadgewer vir samewerking, mnr. Achim Schaffert, verwys na die hoë werkloosheidsyfer wat vroue en jong mense die meeste raak.
“Een van die hoofdoelwitte van die opleidingsentrum is om by te dra tot 'n werksmag met vaardighede en hulle in staat stel om werk te kry of selfs werksgeleenthede te skep,” het hy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie