• Tuisblad
  • Onderwys
  • BEROEPE - Nadja Schnabel, webontwikkelaar by Intouch Interactive Marketing
BEROEPE - Nadja Schnabel, webontwikkelaar by Intouch Interactive Marketing
BEROEPE - Nadja Schnabel, webontwikkelaar by Intouch Interactive Marketing

BEROEPE - Nadja Schnabel, webontwikkelaar by Intouch Interactive Marketing

Dani Booysen
‘n Webontwikkelaar is ‘n programmeerder wat daarin spesialiseer om webwerwe te ontwerp.

Hiervoor gebruik die ontwikkelaar kode en ontwerpelemente.

“Projekte is nooit dieselfde nie,” sê Nadja Schnabel, ‘n webontwikkelaar by Intouch Interactive Marketing.

Sy moet daagliks met kliënte gesels oor veranderinge aan, en die opdatering van webontwerpe en webwerwe. “Hierdie werk wissel van eenvoudige veranderinge tot die oplaai van nuwe inhoud,” sê Nadja.

Nadat al hierdie take voltooi is, kan sy begin werk aan die nuwe projek waarmee sy en die span besig is.

“Soms moet ons ‘n bestaande webwerf aanpas of verander en ander kere moet ons ‘n splinternuwe webwerf skep,” verduidelik Nadja. Een ontwikkelaar werk soms net aan seker fases of dele van die ontwerp.

Dit neem nie altyd ewe lank om ‘n nuwe projek te voltooi nie.

Nadja het op skool kennis gemaak met webontwikkeling. Dit het haar belangstelling geprikkel omdat die werk ontwerp en tegnologie behels.

“Jy begin doen eers regtig ervaring op wanneer jy begin werk,” sê Nadja. Só het haar passie vir die beroep ontwikkel.

‘n Webontwikkelaar moet oopkop wees. Geduld en die gewilligheid om te leer, is belangrik.

Voortdurende uitdagings en nuwe tegnologie maak elke werksdag vir Nadja anders en spesiaal.

‘n Webontwikkelaar moet:

• passievol wees oor kodering en ontwerp.

• probleme logies en kreatief kan oplos.

• lief wees vir tegnologie in al sy aspekte.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!