• Tuisblad
  • Onderwys
  • BEROEPE - Jazine Fischer, redaksionele grafiese ontwerper by Republikein
BEROEPE - Jazine Fischer, redaksionele grafiese ontwerper by Republikein
BEROEPE - Jazine Fischer, redaksionele grafiese ontwerper by Republikein

BEROEPE - Jazine Fischer, redaksionele grafiese ontwerper by Republikein

Helene Bam
'n Redaksionele grafiese ontwerper plaas teks, foto's, infografieke en ander beelde só op 'n bladsy dat dit lesers interesseer en die boodskap van die inhoud doeltreffend oordra.

Grafiese ontwerpers kan vir gedrukte en elektroniese media werk.

Jazine Fischer, 'n redaksionele ontwerper by Republikein, het dié beroep gekies omdat hy sy kreatiewe vaardighede wou uitleef. By die koerant ontwerp Jazine nuusbladsye en fokusartikels.

Ontwerpers moet die stylgids van 'n publikasie volg. Die nakoming van spertye is ook belangrik.

“Ek moet seker maak foto's is van 'n goeie gehalte en kleure aanpas wanneer nodig,” verduidelik Jazine.

Die ontwerper moet ook nagaan of advertensies korrek geplaas is. Ander grafiese ontwerpers ontwerp die koerant se advertensies. Ontwerpers kan kies of hulle in inhoud of advertensies wil spesialiseer.

Goeie kommunikasievaardighede en kreatiwiteit is volgens Jazine baie belangrik. “Jy kommunikeer as ontwerper die nuus of inligting aan lesers. Om spertye na te kom, moet jy onder druk kan werk en jou tyd goed bestuur.”

Jazine het 'n drie jaar lange diploma in Nuwe Mediaontwerp aan die Kollege vir die Kunste (Cota)voltooi.

Dit is vir hom 'n hoogtepunt om die voorblad te ontwerp of aan spesiale projekte te werk.



'n Redaksionele grafiese ontwerper moet:

• kreatief wees binne die raamwerk van 'n stylgids.

• onder druk werk en spertye nakom.

• goed met mede-ontwerpers en die redaksie saamwerk.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!