Beroepe en pasiu00ebnte moet beskerm word
Beroepe en pasiu00ebnte moet beskerm word

Beroepe en pasiënte moet beskerm word

Dani Booysen
DR. ENA BARLOW, VOORMALIGE REGISTRATEUR VAN DIE RAAD VAN GESONDHEIDSBEROEPE IN NAMIBIË (HPCNA), SKRYF:

Dit is ontstellend om te verneem van mediese studente wat heeltemal onkundig is omtrent die Raad op Gesondheidsberoepe (HPCNA) se mandaat.

Jammer dat die betrokke ministerie wat keurings doen nie voornemende studente inlig dat hul in gevolge 'n wet van Namibië moet registreer en aan sekere vereistes sal moet voldoen nie, onder andere 'n toelatingsevaluering tot internskap na afloop van studie. Van uiterste belang vir studente om van kennis te neem, is dat hul, ná afloop van internskap, registrasie verkry by die HPCNA. Die doel van registrasie is dat hul goedkeuring verkry om hul beroep te MAG beoefen!

Die wet bepaal ook dat hul dwarsdeur hul beroepslewe, dit wil sê hul praktykbeoefening, bewys aan die raad sal moet lewer dat hul voldoen aan voortgesette opleiding. Alle geregistreerde gesondheidspraktisyns is hieraan onderhewig.

Dit kom dus daarop neer dat jy leer tot in jou gryse ouderdom, vra maar vir senior spesialiste. Hulle rus nie op hul louere nie, maar hou hul kennis en vaardigheid in stand en verbeter voortdurend daarop.

Daardie bepaling van die beroepswette het een doel voor oë – om die publiek van Namibië te beskerm.

Studente by die Universiteit van Namibië (Unam) en ander universiteite word by aanvang van hul opleiding by die raad geregistreer as studente en is dus heeltemal op hoogte daarvan dat die raad nie 'n onwettige entiteit is, soos deur sommige beweer. Studente wat in ander lande opgelei word, word in terme van daardie spesifieke land se kurrikulum opgelei.

Dis jammer Namibiese studente gaan nie liewer na SADC-lande vir opleiding nie. Die kurrikula mag wel hier en daar verskil, maar grootliks word dieselfde benadering gevolg as in Namibië.

Die studente van China en Oos-Europese lande kry soms swaar. Sommige het byvoorbeeld nog nooit 'n wond geheg nie.

By uitplasing na buitehospitale, veral waar daar nie, soos in Windhoek, toesig en leiding van senior dokters is nie, is dit noodsaaklik dat hierdie studente se kennis en vaardigheid op dieselfde vlak gebring word as wat deur wetgewing voorgeskryf word. Unam se opleiding word juis hierom deur die raad goedgekeur.

Die mediese praktyk is van so 'n groot omvang dat evaluering noodsaaklik is om – voor internskap – enige leemtes wat remedieër kan word, te identifiseer.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!