BEROEPE - Cobus Burger, IT-diensbestuurder by Paratus Telecom
‘n Bestuurder vir inligting- en kommunikasietegnologie (IT) implementeer ‘n organisasie se tegnologiese infrastruktuur en hou die infrastruktuur in stand.
Besighede is afhanklik van ‘n sentrale stelsel vir die prosessering van inligting sodat data en kommunikasie doeltreffend bestuur kan word.
Cobus Burger is IT-diensbestuurder by Paratus Telecom. Hy moet saam met medebestuurders en ander personeel werk sodat hy raad oor verkope kan gee en sodat kliënte die beste oplossings vir hul behoeftes ontvang.
Cobus span saam met ingenieurs om toesig te hou oor projekte wat bestaande infrastruktuur onderhou, asook oor projekte vir die ontwikkeling van nuwe tegnologie. Hy moet ook toesien dat personeel produktief is en presteer.
“Ek was nog altyd kreatief aan die een kant, maar hou ook van struktuur,” sê Cobus. “Ek dink in hierdie werk komplimenteer hierdie kwaliteite mekaar.”
Cobus was eers ‘n IT-ingenieur wat met hardeware en sagteware gewerk het. “Ek kyk altyd hoe iets verbeter kan word. Om voortdurend iets uit te bou, voed my kreatiewe sy.”
Tegniese en praktiese ervaring is volgens Cobus noodsaaklik. “Kwalifikasies rus jou vooraf met kennis toe en is waardevol, maar net ondervinding en die regte ingesteldheid help jou om die regte besluite te neem.”
‘n IT-bestuurder moet:
• wil weet hoe tegnologie werk.
• ingewikkelde tegniese en sakeprobleme oplos.
• vooruit en op jou voete dink en die groter prentjie sien.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie