BEROEPE - Alan de Waal, voedselaankoper by Shoprite Namibia
BEROEPE - Alan de Waal, voedselaankoper by Shoprite Namibia

BEROEPE - Alan de Waal, voedselaankoper by Shoprite Namibia

Helené Bam
‘n Voedselaankoper beplan en kies ‘n reeks produkte wat in die kleinhandel verkoop word.

Die aankoper moet wanneer hy besluite neem klante se aanvraag in ag neem, asook marktendense en begrotings.

“My werk is om oor ‘n sekere periode die beste kospryse vir produkte te beding, asook om seker te maak dat ons die beste prys vir promosie-items ontvang,” verduidelik Alan de Waal, ‘n voedselaankoper by Shoprite Namibia. “Dit sluit alle nuwe produkte en transaksies in.”

“Ek het begin as ‘n takbestuurder en wou altyd graag die aankope self doen,” vertel Alan. “As die Shoprite-groep het ons groot koopkrag wat ons kan gebruik om die beste kospryse vir produkte te verkry.”

Een van die hoofdoelwitte van ‘n voedselaankoper is om produkte op so ‘n wyse aan te koop dat daar ‘n konstante groei in verkope is. Die aankoper moet optimale voorraadvlakke in winkels verseker, toesien dat verkope toeneem, inkomste maksimaliseer, oor handelsvoorwaardes met nuwe verskaffers onderhandel, sy personeel doeltreffend bestuur en goed saam met ander afdelings werk.

Vir Alan is dit ‘n hoogtepunt dat sy werk waarde tot klante se lewens toevoeg deur toe te sien dat produkte van die beste gehalte altyd teen die beste waarde vir geld beskikbaar is. “Dit is ook wonderlik om te sien hoe klante met ons produkte omgaan wanneer ons spesiale aanbiedings het,” sê Alan.

‘n Voedselaankoper moet:

• in moeilike situasies op sy voete dink.

• ‘n winskoop kan raaksien.

• klante se behoeftes en wense verstaan.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!