Bernal se aanslag in Tour beëindig

14 September 2020 | Sport
Marnus Kok – Danksy ’n skitterende poging deur die Sloweense fietsryer Primož Roglic se spanmaats het hy sy houvas op die geeltrui in die Tour de France behou – en ’n einde gemaak aan die verdedigende kampioen se aanslag.
Roglic was voor die begin van Sondag se 15de skof oor 174,5 km tussen Lyon en Grand Colombier 59 sekondes voor 2019 se kampioen, Egan Bernal (Ineos Grenadiers). Die Colombiaan was algeheel in die derde plek, met Tadej Pogacar (UAE, + 44 sek) tweede.
Sondag se skof het onder meer bestaan uit twee kategorie 1-klimme en het geëindig teen Grand Colombier, ’n hors catégorie. Dit het beteken dat die skofwenner heel waarskynlik ’n sterk klimmer soos Roglic of sy landgenoot Pogacar sou wees.
Bernal se swakhede is ontbloot toe Roglic se spanmaats van Jumbo-Visma teen die Grand Colombier die pap vooraan die peloton dik aangemaak het. Met 13 km oor was dit Bernal wat afgeskud is en agtergeraak het. Hy het duidelik ongemak verduur en moes koebaai wuif vir sy kanse om sy titel suksesvol te verdedig.
Dit is dalk maar goed vir Bernal dat toeskouers weens die Covid-19-pandemie nie op die Grand Colombier toegelaat is nie – dit sou die vernedering vir hom straks erger gemaak het. Maar die hele wêreld kon steeds op televisie aanskou hoe hy stukkie vir stukkie geknak word.
Pogacar het die skof gewen, sy tweede sege vanjaar, deur in 4 uur, 34 minute en 13 sekondes oor die wenstreep te ry. Roglic was tweede, met die Australiër Richie Porte (Trek-Segafredo) vyf sekondes ná die wenner.
Bernal het die skof in die 25ste plek voltooi – 7 minute en 20 sekondes ná die wenner. Hy is nou algeheel in die 13de plek, 8 minute en 25 sekondes ná Roglic.
Pogacar is nou 40 sekondes ná Roglic en kan in die volgende paar dae tussen sy landgenoot en Tour-glorie staan.
Vroeg in die skof was Oostenryk se Michael Gogl, wat vir die plaaslike NTT-span ry, een van agt ryers in ’n wegbreekgroep. Aan die voet van die eerste kategorie 1-klim het die groep ’n voorsprong van net meer as vier minute bo die peloton gehad.
Gogl en Pierre Rolland (B&B Hotels-Vital Concept) het later weggebreek, maar hulle is sowat 13 km van die einde ingehaal. Toe het Jumbo-Visma ’n einde aan Bernal se drome gemaak met ’n spanpoging soos min.
Suid-Afrika se Daryl Impey (Mitchelton-Scott) is algeheel in die 99ste plek, met Ryan Gibbons (NTT) 132ste.
NTT is steeds 20ste uit 22 in die spankompetisie.
• Maandag is ’n rusdag. Die Tour eindig Sondag in Parys.
– Netwerk24


FOTO’S
Die Sloween Tadej Pogacar (UAE) ry Sondag oor die wenstreep om die 15de skof te wen. Foto Nampa/AP

Einde van sy aanspraak. Egan Bernal (tweede van links) het swaar geleef en almal wonder wat hom makeer. Foto Nampa/Reuters

Soortgelyk

 

Min kans vir vlieg na SA

13 ure gelede | Toerisme

Ronelle Rademeyer - Hoewel Suid-Afrika Donderdag sy grense vir besoekers uit goedgekeurde lande, waaronder Namibië, heropen, moet Namibiërs vir eers verlief neem met die feit...

Remaining powerful through education

13 ure gelede | Mense

Ester Kamati With a key interest in space science and the history of science, watching videos on these topics is Hosea Hashili’s favourite pastime. Hasili...

Weer, Dinsdag 29 September 2020

13 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm tot baie warm, maar baie warm in die Noorde. Enkele wolke sal na verwagting oor die Zambezistreek voorkom.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

Vroeggebore tweeling sterk goed aan

13 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - Twee maande nadat hulle te vroeg op 27 weke in die Lady Pohamba Private Hospitaal in Windhoek gebore is, kan die ouers...

Nuwe Fenata-voorsitter vanuit ontluikende toerismebedryf

13 ure gelede | Toerisme

Francoise Steynberg - Geskiedenis is gemaak toe die nuwe voorsitter van die Namibiese Toerismevereniging (Fenata), me. Netumbo Nashandi, vir die eerste keer uit die geledere...

Onopgeloste verdwynings, moorde stapel op

13 ure gelede | Misdaad

Ellanie Smit – Terwyl die familie van die 22-jarige me. Shannon Darlikie Wasserfall met die trauma van haar verdwyning ses maande gelede worstel, dreig die...

One ­Africa TV ­partners with NMH

13 ure gelede | Onderwys

Distributed through Namibia Media Holdings' (NMH) youth brand, My Zone, the newly added grade zero to seven lessons form part of a ­collaboration with the...

A look at National Readathon, Heritage Week

13 ure gelede | Onderwys

Enzo AmueleThe National Readathon and Heritage Week, which were launched by the minister of education, arts and culture Ester Nghipondoka, took place last week.The Readathon...

Dagboek vir die landbouer

13 ure gelede | Landbou

Agra ProVision se kursusseAgra ProVision bied van 5 tot 8 Oktober 'n kursus oor plaasbestuur in Windhoek aan en daarna van 6 tot 8 Oktober...