Berguitta hou reu00ebn weg
Berguitta hou reu00ebn weg

Berguitta hou reën weg

Ten spyte van 'n bolugtrog wat tans 'n band van vog oor sekere dele in die land in stand hou, meen kenners hoogstens matige reën kan in die komende dae verwag word.
Elvira Hattingh
Die enorme tropiese storm ­Berguitta wat oos van suidelike Afrika lê, is die rede waarom daar tans nie veel reën in Suidelike Afrika val nie. Tog word ligte tot matige reën vir die sentrale en noordelike dele van Namibië ­voorspel.

Die Namibiese meteoroloog mnr. John Olszewski het Dinsdag 'n uitkyk uitgereik waarvolgens hoogstens matige reënneerslae in die komende paar dae in 'n ­geïsoleerde band vanaf die Kunene en die Oshanas, suid oor die Khomas-­hoogland tot in die Suide kan voorkom.

Dié buie sal na verwagting nie baie intens wees nie.

Hy sê die suidelike halfrond het 'n Intertropiese Samestroming­sone (ITCZ) wat van Sentraal-Afrika af tot Zambië strek, en dat wolk- en seeoppervlaktemperature hiermee ooreenstem.

“Die algemene vooruitsig is dat die 'nuwe normale' reënseisoen voorts sal begin. Met die ITCZ wat nou van Sentraal-Afrika af tot by Zambië strek, is bogenoemde 'n billike ­verwagting. Dagtemperature is hoog genoeg en vogtige lug beweeg in op laer vlakke – wat hierdie voorspelling rugsteun,” sê Olszewski.

Reën in die komende paar dae sal na verwagting nie baie intens wees nie en die hoop is dat ­bogenoemde vertikale konveksie die antisikloonrant sal verswak wat tans oor ­Zimbabwe geleë is, wat sal toelaat dat vog verder kan uitbrei.

Volgens Olszewski kan dit help dat reën beter verspreid en met groter intensiteit voorkom en kan dit ook vir meer normale reëns teen die einde van Januarie sorg.

Hy is egter van mening die huidige reënpatroon kan in Januarie as gevolg van klimaatsverandering dalk Namibië se nuwe normaal wees.

“Januarie was tot dusver egter die maand waarin ons minstens 'n paar dae van verspreide tot ­wydverspreide buie van genoegsame intensiteit verwag.”



BERGUITTA AAN DIE SKUIF

Weather Today: Southern Africa se mnr. Frim Mike Berridge sê egter weerpatrone is besig om betekenisvol te verander.

Hy sê Berguitta beweeg tans oor Mauritius in 'n suid-suidwestelike rigting. Dit is glo betekenisvol omdat dit die Indiese hoëdrukstelsel ­ongewoon ver suidwaarts druk.

“Die storm het 'n massiewe hoeveelheid vogtige lug van die ­tropiese en ekwatoriale streke af getrek en dit word nou deur die Indiese ­hoëdrukstelsel na Suid-Afrika gedruk,” word berig.

“Die vog lê tans oor die Indiese Oseaan en word deur 'n laedrukstelsel oor die oostelike binneland ingetrek en kan reën bring. Die vogtige lug lê egter ongewoon suid, wat beteken dit kan ook in die Kaap reën.

“Die hoëdrukstelsel se rant, wat oor Zimbabwe gesetel is, sal voortgaan om te verhoed dat dit in die suide van Namibië, Botswana, Limpopo, die suidelike Mosambiek, Swaziland, Mpumalanga en Gauteng reën.”

Verder sê die weerdiens 'n on­stabiele laedrukstelsel is oor Angola gesetel wat onstuimige weer in noordelike Namibië kan veroorsaak, met 'n sterk kans dat dit donderstorms in die namiddag kan bring.

Die moontlikheid van winderige toestande bestaan ook in die gebied.

Die professionele weervoorspeller, mnr. Sakkie Nigrini, sê ­Berguitta ontneem suidelike Afrika van 'n goeie geleentheid vir reën. Hy sê ook dat 'n swak bolugtrog oor die westelike binneland lê, wat 'n band van vog oor Namibië, na die Noord-Kaap en die Vrystaat in stand hou.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.97 | EUR to NAD 20.51 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.04 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.13 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.3 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 212.55/OZ UP +1.00% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0038 | Zinc US$ 2 439.40/T DOWN -0.7% | Brent Crude Oil US$ 87.21/BBP UP +0.95% | Platinum US$ 897.74/OZ UP +0.32% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.97 | EUR to NAD 20.51 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.04 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.13 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.3 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 212.55/OZ UP +1.00% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0038 | Zinc US$ 2 439.40/T DOWN -0.7% | Brent Crude Oil US$ 87.21/BBP UP +0.95% | Platinum US$ 897.74/OZ UP +0.32%