Beperking gevra op ouers se skoolbydraes
Beperking gevra op ouers se skoolbydraes

Beperking gevra op ouers se skoolbydraes

Sommige skole vra glo tot N$600 van ouers voordat hul kinders vir die akademiese jaar kan registreer.
Kenya Kambowe
Kenya Kambowe – Die Nasionale Afrika Studente-organisasie (Nasa) het ’n beroep op die regering gedoen om ’n beperking te plaas op die jaarlikse geldbedrag wat ouers tot skole se ontwikkelingsfonds bydra.

Tans is daar geen beleid van krag wat die maksimum bedrag bepaal wat skole van ouers kan vra nie.

Die Kavango-Oos se direktoraat van onderwys het glo tot N$150 ingestem, maar individuele skole kan steeds hul eie besluit volg omdat geen amptelike bedrag vasgestel is nie.

Tydens ’n nuuskonferensie in Rundu het Nasa se visepresident, mnr. Paulus Vilemba, gesê die gebrek aan ’n vasgestelde bedrag oor hoeveel skole kan vra, het daartoe gelei dat ouers, veral dié uit arm agtergronde, skuld aangaan.

Hoewel gratis onderrig volgens hom ’n politieke stelling op papier is wat nog nie tot uitvoer gebring is nie, kan die ministerie van onderwys, kuns en kultuur ouers teen uitbuiting deur sommige skole beskerm deur ’n vasgestelde maksimum bedrag te bepaal.

“Uitbuiting gebeur omdat die regering geen duidelike beleid of riglyne het wat skole ten opsigte hiervan lei nie,” het Vilemba gesê.

“Ons stel voor die ministerie stel ’n maksimumbedrag vir bydraes deur ouers vir alle skole vas om te verhoed dat sommige skole te veel geld vereis. Daar moet ’n sekere plafon wees. Jy kan nie na een skool gaan en hulle vra vir N$1 000 en ’n volgende skool vra N$100 nie. Dit moet net ’n eenvormige bedrag vir alle skole wees,” het hy beklemtoon.

Sedert skoolregistrasies vir die nuwe skooljaar amptelik afgeskop het, het Nasa inligting ontvang van skole wat N$600 van ouers vra sodat hul kinders vir die nuwe akademiese jaar kan registreer.

Nasa het ook ’n beroep op die ministerie gedoen om die universele primêre en sekondêre onderrigtoelae te verhoog. Volgens hom het die vermindering van hierdie toelaes die afgelope paar jaar daartoe gelei dat skole ouers teiken om die tekort in hul finansies aan te vul.

Volgens hom is die verhoging van dié toelaes “die enigste manier waarop skole genoeg geld sal hê om hulpbronne vir onderrig aan te koop”.

Nasa het ook ’n beroep gedoen dat toelae so vroeg as moontlik in die jaar uitbetaal word, omdat dit skole minder afhanklik van ouers se bydrae sal maak en te help indien daar nie genoeg geld in hul koffers vir programme is nie.

Nasa sê ouers wat probleme met skole ondervind om hul kinders te registreer, kan die vereniging vir hulp kontak.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!