Bendeverkragting op 15-jarige; 13-jarige swanger

10 January 2021 | Misdaad
Drie mans sal Maandag in landdroshowe op klagte van verkragting verskyn.
Volgens ’n Namibiese polisieverslag is twee mans in die informele nedersetting Gainachas in die Tses-distrik in hegtenis geneem vir die beweerde verkragting van ’n 15-jarige meisietjie.
Sy het volgens die verslag saam met ’n vriendin by ’n langarmdans in die nedersetting gaan bywoon toe die verdagtes haar gesien en haar geroep het.
Sy het glo nie op hul roepe gereageer nie. Hulle het haar na bewering gegryp en na die rivierbedding gesleep.
“Hulle het hul hemde gebruik om haar arms vas te bind en haar mond toe te hou, daarna hulle haar om die beurt verkrag het,” lui die verslag.
Die meisiejie het agterna vir ’n mediese ondersoek gegaan en albei verdagtes is in hegtenis geneem. Hulle sal Maandag in die landdroshof in Keetmanshoop verskyn.
13-JARIGE SWANGER NÁ BEWEERDE VERKRAGTING
In die informele nedersetting Kashira in die Kavango-Oosstreek is ’n 13-jarige meisie glo by verskeie geleenthede deur ’n 26-jarige man verkrag.
Volgens die verslag is sy swanger met die verdagte se kind.
Die meisietjie se ma het na bewering die polisie in kennis gestel en die verdagte is in hegtenis geneem.
Die man sal Maandag in die landdroshof op Ndiyona verskyn.

Soortgelyk
Gesondheidswerkers, leerlinge en onderwysers deel van 343 nuwe gevalle
48 minute gelede | Gesondheid
Moller, Hatuikulipi se belange onder vergrootglas
16 ure gelede | Misdaad
Rekening van N$151 000 bly toe 'jakkals' gly
16 ure gelede | Misdaad
Mans vas oor vervalsing van Covid-19-toetsuitslae
16 ure gelede | Misdaad
Reënweer bring groot skade
16 ure gelede | Weer
Weer vir 11 Januarie 2021
16 ure gelede | Weer
Regering slaan toe op klaringsagente
16 ure gelede | Regering
Nafau wen in hof teen Shoprite
16 ure gelede | Arbeid
Op die spoor van Hardapdam se opvangsgebiede
16 ure gelede | Infrastruktuur
Kleinadvertensies