Ben Stokes reg om teen SA te boul
Krieket
Die veelsydige Ben Stokes sal wel in Engeland se komende toetsreeks teen Suid-Afrika kan boul.
Die eerste toets skop op 26 Desember in Centurion, Gauteng, af.
Die 28-jarige Stokes het ongemak van sy knie verduur in die tweede toets teen Nieu-Seeland in Hamilton. Hy het net twee boulbeurte op die eerste dag afgestuur en het toe uiteindelik nog 25 beurte in die toets geboul.
’n Skandering van die linkerknie met sy terugkeer na Engeland het nie veel gewys nie, berig espncricinfo.com.
Die knie is in 2016 geopereer en Stokes het intussen mooi daarna gekyk.
“Ek het ’n paar skanderings ondergaan toe ons teruggekeer het en daar is eintlik niks wat op die MRB-skanderings verskyn het nie, wat goeie nuus is,” het Stokes aan TalkSport onthul.
“Dit is reg en dis nou net die behandeling. Ek sal reg wees om te boul,” sê hy. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie