Belo-Rusland eerste in vroue se pad

Hokkie
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Die belangrike eerste botsing breek vanoggend om elfuur vir die Namibiese vrouehokkiespan aan wanneer hulle Belo-Rusland in die 2020 Olimpiese kwalifiserende toernooi in Valencia, Spanje pak.

Kaptein Maggy Mengo en haar spanmaats het hulle veral in die binnenshuise weergawe van die sport as 'n werklike krag bewys en het verlede jaar by die wêreldkampioenskap in Duitsland ook 'n paar hoër gerekende spanne geklop.

Onder afrigter Erwin Handura het die Namibiese vroue ook reeds in veldhokkie gewys dat hy een van die topspanne in Afrika is, maar vandeesweek lê die werklike toets voor teen lande wat opnuut hoër as hulle gereken word.

Namibië (42ste op die wêreldranglys) sal hoop om in hul openingswedstryd op gelyke voet te kan meeding met Belo-Rusland (20ste).



OLIMPIESE KANS

Net twee uit die agt spanne in Valencia sal 'n regstreekse Olimpiese plek vir Tokio 2020 losslaan. Namibië is die laagste gerekende span en hul paaie kruis ook komende Saterdag met Spanje, die hoogste op die wêreldranglys met 'n sewende posisie.

Vrydag lê ook 'n botsing teen Kanada voor (21ste).

Die Namibiese spelersgroep is: Magreth Mengo (kaptein), Petro Stoffberg (doelwagter), Berencia Diamond (doelwagter), Jerrica Bartlett, Sunelle Ludwig, Gillian Hermanus, Kiana-Che Cormack, Duré Boshoff, Taramarie Myburgh, Danja Meyer, Celé Wessels, Jahntwa Kruger, Emilia Kashopola, Ina Louis, Joané van Rooyen, Armin van Staden, Jocelle Deysel en Jivanka Kruger.

Regstreekse videostroom word op die webblad https://fih.live/competitions/fih-series-finals-womens verskaf.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!