Belgiese goue generasie nié meer verlore

WB-sokker
Die Belgiese goue generasie het die gevaar geloop om in middelmatigheid te verval.

Maar nou, met die Wêreldbeker-sokkereindstryd nog net een hekkie weg, is dit binne dié geslag van uiters begaafde spelers se bereik om hulself in die geskiedenisboeke te verewig.

België kom môre om 20:00 teen 'n briljante Franse span in die halfeindronde te staan.

Frankryk het Uruguay – tandeloos sonder sy doelheld Edinson Cavani – met 2-0 in hul kwarteindstryd geklop.

Jan Vertonghen, 'n Belgiese verdediger, was oorstelp van vreugde ná sy span se sege van 2-1 in hul kwarteindstryd teen Brasilië.

“Ons kon so maklik die verlore generasie gewees het, maar dit is nou nie meer die geval nie. Ons het baie meer in onsself geglo teen Brasilië as wat die geval byvoorbeeld in 2016 in die Europese Kampioenskap teen Wallis was. Ons het alles gegee,” sê Vertonghen.

Die spil waarom die Belgiese aanval draai, Kevin De Bruyne, hou vol sy span kan die beker wen. Hy het een van sy span se twee doele teen Brasilië aangeteken. Dit het België gehelp om vir die eerste keer sedert 1986 die halfeindstryd te haal.

“Ons ambisie is om in die eindstryd te speel. Dit is die wed­stryd waarin almal wil speel, die wed­stryd waarna die hele wêreld kyk,” sê De Bruyne.

“Frankryk is 'n uitmuntende span, maar die verskil tussen wen en verloor gaan baie klein wees.”

Die Belgiese verdediger Vincent Kompany staal hom vir 'n titaniese stryd teen die Franse, wat spelbrekers soos die jong Kylian Mbappé, Paul Pogba, Antoine Griezmann en Olivier Giroud in hul geledere het.

“Dit gaan nog 'n eindstryd teen die Franse wees. Dít wat ons tot dusver bereik het, is uitstekend, maar ons is beslis nie tevrede nie,” sê Kompany.

“Die ondersteuners kan partytjie hou, maar ons fokus op die wedstryd teen Frankryk. Elke speler wil die hele pad stap.”

Die Belge het Frankryk in dié spanne se vorige ontmoeting, in 2015 in 'n vriendskaplike wedstryd in Parys, met 4-3 geklop.

Tog glo Marouane Fellaini, 'n Belgiese doelskieter wat twee doele in daardie stryd aangeteken het, die Franse is nou 'n baie beter span as destyds.

“Dié Franse span het wasdom bereik en baie ontwikkel sedertdien. Hulle het baie goeie spelers en die gevaar gaan van oral af kom.”

België is die enigste span wat tot dusver al sy wedstryde in vanjaar se Wêreldbeker-toernooi gewen het.

Hulle kom egter teen 'n puik Franse span te staan en die geskiedenis in Wêreldbeker-stryde tussen Frankryk en die Rooi Duiwels is gunstig vir die Franse. Die vorige kragmeting tussen dié twee spanne by dié skouspel het met 'n sege van 4-2 vir die Franse geëindig in die groepfase by die Wêreldbeker-toernooi in 1986.

Didier Deschamps, Frankryk se afrigter, sê sy span het danksy 'n intelligente, berekende plan tot die halfeindronde deurgedring.

“Ons het 'n ingewikkelde eerste ronde gehad, sonder om flambojant te wees, maar ons was realisties en doeltreffend,” sê Deschamps.

“Ons het nie weggebreek van dít wat vir ons werk nie. Sedert die wedstryd teen Argentinië het ons van krag tot krag gegaan. Ons was die beter span teen Uruguay, maar ons is steeds nie volmaak nie.

“Ons het nog baie potensiaal wat ons ten toon kan stel. Ons is 'n jong groep, wat nou goed as 'n span saamwerk en meer en meer vasberade word. Jy kan sien ons ingesteldheid is positief en daar is baie vordering.” – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.4 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.17 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.2 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.17 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 385.48/OZ UP +0.74% | Copper US$ 4.41/lb UP +2.06% | Zinc US$ 2 821.00/T DOWN -0.03% | Brent Crude Oil US$ 87.61/BBP DOWN -0.0011 | Platinum US$ 941.31/OZ UP +0.14% Sport results: Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.4 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.17 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.2 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.17 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 385.48/OZ UP +0.74% | Copper US$ 4.41/lb UP +2.06% | Zinc US$ 2 821.00/T DOWN -0.03% | Brent Crude Oil US$ 87.61/BBP DOWN -0.0011 | Platinum US$ 941.31/OZ UP +0.14%