Beleggings vir Afrika
Beleggings vir Afrika

Beleggings vir Afrika

Geleenthede van miljarde dollars is beskikbaar en kan nuwe lewe in die Namibiese ekonomie blaas.
Augetto Graig
Augetto Graig



Sowat N$20 miljard se be­leggings is met Namibië se Eko­nomiese Groei-beraad verseker.

Hiervan is N$9,5 miljard buitelandse beleggings, het mnr. !Johannes Gawaxab, voorsitter van die Hoëvlakpaneel vir die Namibiese Ekonomie, gistermiddag gesê.

Dié beraad het gister by die Safari Hotel en Konferensiesentrum in Windhoek ten einde geloop.

Die katalogus wat gedeel is, openbaar geleenthede in verskeie sektore wat private, regerings- en gesamentlike projekte betref.

Private projekte sluit die reuse- Ongos-behuisingsprojek in Windhoek in, asook die landswye stedelike Wi-fi-projek van Icool ICT Connect Africa, en Nambots se ­drywende brandstofraffinadery met 'n begroting van N$16,5 miljard.

Ander projekte sluit in King-Size Investments wat veselbord uit indringerbos wil vervaardig, Komsberg Farms wat 'n boerdery-nedersetting naby Karasburg wil ontwikkel, en op Grootfontein beplan private ontwikkelaars 'n vraghouerstoor.

Sakelui van Tsumeb is ook op soek na beleggers om die produksie van groente en vrugte aan te spoor.



PPP's

Wat openbare-private vennoot­skappe (PPP's) betref, sluit die katalogus die ministerie van nywerheidsontwikkeling, handel en SME-ontwikkeling se internasionale konferensiesentrum van N$1,5 miljard in.

Hiervoor vereis die regering 'n belegger wat die sentrum op 'n stuk grond van 20 ha naby die Windhoek Buitekluboord kan ontwikkel, onderhou, bemark en bedryf alvorens dit oorgedra sou word.

Namport is op soek na 'n vennoot om hul splinternuwe vraghouerterminale te bestuur.

Dié belegger sal die haweowerheid ondersteun in die bevordering van bedryfsdoeltreffendheid, die verhoging van deursetvolumes, die aanvulling van Namport se inkomste, opknapping en opgradering van bestaande hawegeriewe, en die ontwikkeling van nuwe hawegeriewe.

Volgens Namport sal die belegger sowat N$1,26 miljard aan die projek moet bestee.

Verskeie regeringsbeleggingsprojekte word ook gelys.

Meatco wil onder meer N$23 miljoen bestee daaraan om sonkrag in te span om sy omgewingsimpak te verminder.

Die maatskappy wil ook 'n bykomende N$150 miljoen in die bou van voerkrale en voerproduksiegeriewe in die Kavango-Oos- en Kavango-Wesstreek belê.

NamWater het sy lys projekte ter waarde van N$3,3 miljard gedeel, wat op die verbetering van landswye watertoevoer gemik is.

N$3,1 miljard word vir groot­skaalse waterprojekte beoog, N$1,5 miljard vir plattelandse waterprojekte, en N$450 miljoen vir waterherwinning. Dit sluit N$515 miljoen in, wat aan Windhoek se waternood bestee sal word en spesifiek om die Gammams-herwinningsaanleg uit te brei.

NamPower het vyf projekte voorgestel: 'n 20 MW-sonkragaanleg van N$400 miljoen, 'n 50 MW-windkragaanleg naby Lüderitz vir N$1,2 miljard, 'n 50 MW-kragaanleg op Walvisbaai wat brandstofaangedrewe is teen N$1,2 miljard, nog 'n 20 MW-sonkragaanleg van N$488 miljoen naby Omaruru, en 'n 40 MW-kragaanleg van N$1,9 miljard naby Tsumeb, wat deur biomassa aangedryf word.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!