Beleef die Matongos op die kassie

Lloyd Zandberg
Lloyd Zandberg - Family Affairs is ’n werklikheidsprogram wat die drama, opwinding, romanse en roem van die bekende Namibiese Matongo Family vasvang.

Die eerste uitsending van Family Affairs word oormôre (Sondag, 24 November) om 18:00 op One Africa uitgesaai.

TS Media Productions is verantwoordelik vir die vervaardiging van die program, en wil persepsies deur middel van Namibië se mees geliefde musiektrio verander.

Die idee vir die show was aanvanklik om die trio se herontmoeting vir 2016 se Namas te dokumenteer, maar dit het uiteindelik plek gemaak vir die groter droom om iets sinvol te doen en musiek met werklikheids-TV te kombineer.

Die Matongo-familie is al 21 jaar lank in die musiek- en vermaakbedryf.

One Africa se inhoudsbestuurder, me. Taleni Shimhopileni, sê Family Affairs is ’n opwindende toevoeging tot die uitsaaier se boeket.

“Werklikheidsprogramme is steeds gewild, en om die plaaslike inhoudsbedryf te ondersteun en ’n platform vir die Matongo-familie te bied om hul verhaal te vertel, is ’n groot vreugde vir ons,” sê sy.

Sy benadruk die behoefte aan plaaslike inhoud en om die begeerte van Namibiese gehore te bevredig om hul eie stories op TV te hoor.

Damara Dikding, een van die stigterslede van die groep, sê: “Ons gee basies die hele Namibië ’n blik van wat regtig agter die skerms aangaan.

“Wanneer kunstenaars hul penne op papier sit en unieke musiek skep, en dit nie teen die einde van die dag vergeet nie, is almal net menslik en almal ervaar dieselfde druk.

“Wat ’n lekkerny het ons nie vir julle bymekaar gesit nie.

“Dit is maar net bewys dat jy, waar jy ook al vandaan kom, altyd jou drome moet volg. Saam met my broers het ons bewys drome word waar, selfs vir jongmans uit Wanaheda wat 21 jaar gelede begin het.”



Die program het geen voorafgeskrewe teks nie.

Alles wat die kykers in die 13 episodes gaan sien, is ’n outentieke weerspieëling van een van Namibië se grootste musiekgroepe.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!