Belu00ea in ontwikkeling van vaardighede - Geingob
Belu00ea in ontwikkeling van vaardighede - Geingob

Belê in ontwikkeling van vaardighede - Geingob

Henriette Lamprecht
Daadwerklike beleggings moet gemaak word om die ontwikkeling van onderrig en vaardighede te ondersteun wat spoedig en voldoende op nuwe ontwikkelings reageer,” sê president Hage Geingob.
Geingob het in dié verband verwys na leerplanne in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) wat heroriëntering nodig het om beter op ontluikende en toekomstige behoeftes van arbeidsmarkte reageer.
“Dit is die enigste manier wat die arbeidsmark ‘n stabiliserende rol as bron van inkomste en ook die lewensbestaan van die meerderheid inwoners kan speel,” het hy gesê.
President Geingob was as SADC-voorsitter aan die woord met die bekendstelling van die globale kommissie van die Internasionale Arbeidsorganisasie (ILO) se verslag oor die toekoms van werk. Die verslag fokus oor die tipe toekoms wat met die voortgesette verandering van die betrokke gemeenskappe te voorskyn gaan kom. Geingob het ná afloop van die bekendstelling van die verslag ook bilaterale samesprekings met Suid-Afrika se president, mnr. Cyril Ramaphosa gehou.
Die globale kommissie het die verslag oor werk vir ‘n beter toekoms in Januarie vrygestel. Geingob was een van die deelnemers aan ‘n gesprek oor kritieke elemente van die verslag binne ‘n Afrika-konteks.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!