Bekommerd oor die toekoms

14 June 2019 | Menings
JURIE VILJOEN SKRYF:

Die wêreld is in ’n krisis vasgevang. Oral op hierdie aardse bodem is daar onrus, oorlog en korrupsie.

’n Mens kan tereg soos die kategismes vra: “Is die mens dan so boos en verkeerd geskape?”

Oorloë sal nooit ophou nie, omdat dit of ’n magstryd is, of twee moondhede wat dit op vreemde bodem uitspook, omdat hulle nie wil hê dat hulle eie mense blootgestel moet word aan geweld nie. Die stryd tussen Israel en Palestina kan nie opgelos word nie, tensy Israel bereid is om hom aan gebiede te onttrek en sodoende sy eie keel af te sny. So is dit eintlik ’n “godsdiens” gemotiveerde siening.

In suidelike Afrika is korrupsie aan die orde van die dag; plaasmoorde, selfverryking en ander gruwels en niemand doen iets daaraan nie. In Suid-Afrika was daar onlangs ’n verkiesing, maar niks wat belowe is het gerealiseer nie. Verwagtinge het uitgeloop op teleurstellings.

In Suid-Afrika word busse en treine en waardevolle bosse aan die brand gesteek. Niemand tree op of rep ’n woord daaroor nie. Skole word afgebrand of permanent geskaad. Korrupsie, korrupsie en geen dienslewering nie.

Dekades na onafhanklikheid en “vryheid” is dit die skuld van apartheid, want dit is die gemene deler wat mense verenig.

Munisipaliteite se oorgeërfde kontrole en hantering van sake bestaan nie meer nie. Nasionale instellings soos Eskom is ’n verleentheid vir die land.

In Namibië heers dieselfde situasie. ’n Tekort aan kontrole by elke munisipaliteit; ’n tekort aan geld; ’n tekort aan beplanning.

As iemand ’n probleem het met wat ek sê, verklaar dan net hoekom “Home Affairs” nie paspoorte kan uitreik nie. Daar is nie Namibiese paspoorte in Namibië nie. As ek aansoek doen vir ’n paspoort, word die verskoning aangevoer dat die boekies bestel word uit die buiteland. Dit gaan waarskynlik maande duur.

Die nasionale lugredery, Air Namibia, is soos ’n afvlerk-spreeu. Lorries moet die karweiwerk uit die buurlande doen, want spoorvervoer het feitlik tot stilstand gekom. Die boom wat goeie vrugte gedra het, is kaal gevreet.

Daar is nie geld nie. Daar sal nooit weer geld wees nie.

Mense wat “aanbid” word of wat later “vereer” sal word, omdat hulle die land na onafhanklikheid gelei het, sal verag word, omdat hulle die land verkoop het.

Waarom het hierdie situasie ontstaan. Myns insiens weens drie redes:

Daar is so gou as moontlik van mense ontslae geraak wat geweet het hoe dinge werk.

Daar heers ongekende “voorspoed” te oordeel aan al die blink motors en buitelandse reise. Die man wat kan skep, skep diep uit die put van voorspoed wat nie bestaan nie;

Ministers en amptenare se salarisse het die hoogte in geskiet en daar word eerste na hulle gekyk, voordat daar geld vir iets anders is. Daar word eerste klas gevlieg en aangedoen by elke “besigheidsklas restaurant”.

Hoe gouer mense sal besef dat die land ekonomies op sy knieë is, sal hulle ook besef hoe mooi hulle na hulle geld moet kyk; sal hulle weet hoekom so baie besighede toemaak; sal hulle ook saamstem dat huispryse nooit weer sal herstel nie. Die finansiële toekoms lyk nie rooskleurig nie.

Soortgelyk

 

Omkeerpunt vir Meatco

16 ure gelede | Landbou

Elvira Hattingh - Meatco het die afgelope boekjaar sy totale verliese met N$33 miljoen gesny en het boonop daarin geslaag om sy gemiddelde produsenteprys met...

Honde, katte, kinders, sushi en goeie harte

16 ure gelede | Omgewing

Tanja Bause - Die niewinsgewende organisasie Have-a-Heart op Walvisbaai het onlangs in samewerking met Mobile Animal Clinic Namibia 'n baie suksesvolle sterilisasie- en kastrasieveldtog onderneem....

Lubowski ‘krabbel terug’

16 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Mnr. Sisa Namandje, pres. Hage Geingob se prokureur, sê me. Gabrielle Lubowski skrabbel terug nadat sy vroeër die staatshoof glo valslik beskuldig...

Blowing the whistle

16 ure gelede | Mense

Justicia Shipena Tamara !Gaoses is the first internationally recognised female 3x3 basketball referee in the country and this qualification allowed her to officiate...

LPM betreur Operasie Kalahariwoestyn

16 ure gelede | Politiek

Catherine Sasman – Die Landless People’s Movement (LPM) het sy stem by die toenemende druk gevoeg dat die regering lede van die Namibiese weermag (NDF)...

Weer vir 25 Junie 2019

16 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en matig tot warm in die Suide. Elders sal dit sonnig en warm wees, maar baie warm in die Noorde. KUS:...

Hilton Hotel 7de keer beste in Namibië

16 ure gelede | Toerisme

Vir die sewende agtereenvolgende jaar het die Hilton Hotel in Windhoek met die World Travel-toekenning vir 2019 as die beste hotel in Namibië weggestap. “Ek...

CoW-drama kry tweede asem

16 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Sodra sy tugverhoor afgehandel is, kan die stadsraad besluit of strafregtelike klagte ook teen mnr. Robert Kahimise, Windhoek se uitvoerende hoof, gelê...

Kalahariwoestyn-slagoffer se lyk op lorrie

16 ure gelede | Polisie

Denver Kisting – Talle Namibiërs is woedend omdat mnr. Fambauone Black (22) se oorskot die afgelope Saterdag agter op ’n lorrie terug Zimbabwe toe vervoer...