Beklemtoon vermorsing se rol in voedselsekerheid
Beklemtoon vermorsing se rol in voedselsekerheid

Beklemtoon vermorsing se rol in voedselsekerheid

Uitdagings om wêreld teen 2050 te voed
Kobus Laubscher
Dr. Kobus Laubscher – Een van die grootste bekommernisse globaal is hoe die wêreld se bevolking teen 2050 en daarna gevoed gaan word te midde van ‘n legio uitdagings.

In ‘n onlangse verslag van die Voedsel- en Landbou-organisasie (FAO), The future of food and agriculture – Alternative pathways to 2050, word daar indringend gekyk na alternatiewe.

Ondanks enorme sosioëkonomiese vooruitgang wat welvaartskepping, -instandhouding en -herstel betref, bly daar betekenisvolle knelpunte op die lys van onafgehandelde sake. Dit staan in die pad van die internasionale gemeenskap se verbintenis om teen 2050 ‘n wêreld vry van honger en wanvoeding te hê.

Lande aan die suidpunt van Afrika is mede-ondertekenaars van hierdie visie, maar sukkel in eie reg met uitdagings – waarvan baie self geskep is.

As deel van dié uitdagings is die kwessie van vrees versus dié van “wil hê, gaan vat”. So is daar genoeg bewys van nasies wat gemeneregtelike vereistes ignoreer en weiding oor grense steel, burgeroorloë voer, en in Suid-Afrika die ontwrigting van snelwegsabotasie wat vragmotors óf beroof óf aan die brand steek.

Volhoubaarheid bly die wagwoord op alle vlakke, maar daar word nou al aanvaar dat die sogenaamde millenniumdoelwitte met 2030 as die mylpaal nie gehaal sal kan word nie.

Balans ten opsigte van wat bedoel word, en die vereistes vir volhoubaarheid, veral wat landbou betref, ontbreek en volhoubaarheid bly in gedrang.

In die kern hiervan lê onsekerhede wat ‘n wye veld dek. Hieronder tel bevolkingsgroei, keuse van dieet, tegnologiese vooruitgang, die stand van natuurlike hulpbronne, klimaatsverandering en uiteraard die volhoubaarheid van vredesinisiatiewe.

‘n Mens bly verstom as die omvang van wanvoeding en honger as gevolg van politieke onstabiliteit verreken word; andersyds is die grootskaalse vernietiging van natuurlike hulpbronne ook erg.

Die Amasone word teen ‘n groeiende tempo verklein om plek te maak vir alternatiewe produksistelsels, eeueoue bome word vir hout afgekap in die noorde van Namibië.

Dit alles word te dikwels sienderoë toegelaat in die naam van ontwikkeling.

Ongelukkig is baie beleide ook teenproduktief omdat beleidmakers nie die volle impak van lomp beleid kan verreken nie. Die onvermoë om goeie beleid af te dwing en remskoene soos korrupsie skiet goeie bedoelings in die voet. Daar moet dus anders gedink en gehandel word om blywende verligting te bring vir voedselsekuriteit.

Die doel met hierdie verslag is meer as bewusmaking. Dit gee ‘n feitebasis wat verreken moet word deur alle lande wat ernstig is oor voedselsekuriteit.

Van die vernaamste uitkomste en bevindings is die volgende: Voedselkettings en landbou word heel dikwels die slagoffers van tendense van buite. Hieronder tel veranderde bestedingspatrone en eetgewoontes, ongelykhede soos kroniese hongersnood, werkloosheid en ander sosiale stremming.

Daar sal binnekort meer mense wees wat voedselonseker is weens vetsug as wat daar mense is wat kronies te min kos het. Meer en meer lande sukkel met hongersnood en vetsug. Landbouhulpbronne kwyn daagliks en produksierisiko’s as gevolg van die klimaat eis sy tol.

Die fokus is dikwels dalk aan die verkeerde kant van die ketting, want wat belangriker word, is hoe verbruik kan verander.

Behalwe vir die bekende impak van vermorsing, hetsy deur onverbruikte kos wat weggegooi word tot verliese binne die waardeketting, bly die kern maar hoe die vraag na voedsel en gevolglike verbruikspatrone ten goede verander kan word.

Verbruikers behoort meer bewus gemaak te word van korrekte verbruik en die toepassing van regulasies behoort dit aan te vul. Veilige voedsel is wetlik afdwingbaar, maar dan moet almal van die plaashek tot die vurk gehoor gee.

Dit gaan egter oor meer as net die regte verbruik, maar wat verbruik word, naamlik die vraag, behoort beter te sinkroniseer met hulpbronne. Koop en eet meer plaaslik en in seisoen.

Vir hierdie doel is verskerpte bewusmaking dus onontbeerlik. Net soos te min kos lei tot probleme, gee verkeerde eetgewoontes en gevolglike vetsug amper meer probleme. Die somme in terme van vermorsing as gevolg daarvan moet ‘n beter staanplek kry as dit kom by beleid om voedselonsekerheid te takel. Daarmee saam moet kospryse billik bly.

Die gaping tussen wat die boer kry en die verbruiker betaal, sal altyd ‘n turksvy wees, maar billikheid is die antwoord.

Billik vir die boer beteken dat hy vergoed moet word vir sy risiko’s, terwyl die verbruiker in staat moet bly om uit ‘n verskeidenheid te kan kies en dan te betaal.

Tans is te veel regerings besig om met administratiewe pryse wat om die verkeerde redes verhoog word, dié gaping buite die bestuursbeheer van die partye in die waardeketting te plaas.

Sulke optrede is kortsigtig en verwring markte onnodig, want die werklike waardes raak vertroebel.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.71 | EUR to NAD 20.34 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.81 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 326.41/OZ UP +0.44% | Copper US$ 4.53/lb UP +2.14% | Zinc US$ 2 891.10/T UP 3.01% | Brent Crude Oil US$ 88.27/BBP UP +0.31% | Platinum US$ 903.19/OZ UP +0.12% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.71 | EUR to NAD 20.34 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.81 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 326.41/OZ UP +0.44% | Copper US$ 4.53/lb UP +2.14% | Zinc US$ 2 891.10/T UP 3.01% | Brent Crude Oil US$ 88.27/BBP UP +0.31% | Platinum US$ 903.19/OZ UP +0.12%