Bekentenis kan moordverdagte kniehalter
Bekentenis kan moordverdagte kniehalter

Bekentenis kan moordverdagte kniehalter

Yandi Du Plessis
Marc Springer – Een van die twee mans wat beskuldig word van die moord op 'n bejaarde egpaar tydens 'n huisbraak op Swakopmund byna vier jaar gelede, sal waar­skynlik nie aanhouding kan vryspring nie.

Dít nadat 'n verklaring waarin hy sekere erkennings gemaak het, vandeesweek as bewysstuk in sy verhoor aanvaar is.

Die beskuldigde, mnr. Simon Shidute Jerobeam (27), se verklaring is op die dag van sy inhegtenisneming deur hoofinspekteur Rafael Litota geneem.

Hy erken daarin dat hy en sy voormalige medebeskuldigdes, mnre. Fabian Lazarus (28) en Daniel Nghilifa Stefanus (29), wat in Februarie 2019 uit aanhouding ontsnap het, op 2 Augustus 2017 omstreeks 04:00 na die 81-jarige mnr. Siegfried Strzelecki en die 79-jarige me. Sieglinde Strzelecki se huis toe is, waar hulle ongeveer twee ure lank in die tuin weggekruip het.

Toe Sieglinde die deur van binne oopmaak, het hulle haar terug in die huis gedwing, waar hulle haar vasgebind het. Toe die bejaarde vrou begin skree, het Stefanus 'n tou uitgehaal en haar ongeveer drie minute lank daarmee gewurg totdat sy “swak geword het en nie meer beweeg het nie”.

Jerobeam het voorts in sy verklaring vertel hy het toe “na die ou man gaan soek om hom ook te gryp sodat hy nie kon sien waarmee ons besig was nie”.

Nadat hy Siegfried in die badkamer gekry het en terwyl hy besig was om hom vas te bind, het Stefanus na die kluissleutels begin soek. Jerobeam het hom gevolg en die bejaarde man in die badkamer gelos.

Toe Stefanus nie die kluis kon oopkry nie, het hulle besluit om te loop. Op pad uit het hulle 'n paar waardevolle items uit die sitkamer gevat.

Jerobeam het in sy verklaring gesê hulle is agterna strand toe om die bloed van hul hande en klere af te was. Daarna is hulle na die DRC- informele nedersetting, waar hul paaie geskei het.

Volgens Jerobeam het Stefanus hom aanvanklik genader en vir hom gesê hy “het baie geld by sy baas se huis gesien”. Hulle het toe besluit om die bejaarde egpaar die volgende dag te beroof.

Die staatsgetuie, me. Daphne !Nawases, het vroeër in die hof getuig Lazarus het vir haar gesê hy het die sleutels van die kluis gesteel en het haar toe gevra om die huissleutels vir hulle te kry. Sy het verder getuig sy het nie aan die versoek voldoen nie, maar het die egpaar se dogter en skoonseun, waar sy as 'n huishulp gewerk het, gewaarsku.

Die skoonseun, mnr. Christian Hall, het aan hoërhofregter Christie Liebenberg gesê die kluis se slot is om dié rede vervang.

Mev. Strzelecki is op die toneel dood, terwyl haar man, wat ná die aanval in die hospitaal opgeneem is, 'n beroerte gekry het en 'n week later oorlede is.

Die aanklaer beweer sy dood is deur die aanval agt dae tevore veroorsaak. Om dié rede staan die twee oorblywende beskuldigdes, Jerobeam en Lazarus, tereg op twee aanklagte van moord, huisbraak, diefstal, roof met verswarende omstandighede en dwarsboming van die gereg.

Albei beskuldigdes het aan die begin van hul verhoor onskuldig op alle aanklagte gepleit.

Staatsadvokaat Marthino Olivier verteenwoordig die aanklaers. Jerobeam se regshulpprokureur, mnr. Tuna Nhinda, het hom Maandag aan die saak onttrek en het botsende opdragte as rede aangevoer. Die verhoor duur intussen voort.

- [email protected]

FOTO
‘n Stille protes is op Swakopmund gehou nadat die kusdorp deur 'n vlaag moorde geruk is, insluitend die noodlottige aanval op die Strzelecki-egpaar. Foto Kiiyala Shiku, Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.45 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.21 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.22 | USD to ZMW 25.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 381.16/OZ UP +0.05% | Copper US$ 4.46/lb UP +1.10% | Zinc US$ 2 861.10/T UP 1.39% | Brent Crude Oil US$ 86.81/BBP DOWN -0.004 | Platinum US$ 931.72/OZ DOWN -0.0048 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.45 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.21 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.22 | USD to ZMW 25.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 381.16/OZ UP +0.05% | Copper US$ 4.46/lb UP +1.10% | Zinc US$ 2 861.10/T UP 1.39% | Brent Crude Oil US$ 86.81/BBP DOWN -0.004 | Platinum US$ 931.72/OZ DOWN -0.0048