Bekendes soek titel op Tsumeb

12 July 2019 | Sport
Die Bank Windhoek Noorde Ope word môre en Sondag by die Tsumeb-gholfklub se baan gespeel.

Die formaat is medalje en die toernooi se erkende status dat dit punte vir die Namibiese Amateur Gholfunie se ranglys tel, bring mee dat van die land se beste spelers ingeskryf het.

In die afwesigheid van verlede jaar se wenner, Likius Nande, lyk die kompetisie redelik oop om die nuwe titelhouer te bepaal.

Die afslaantye vir die eerste dag is:

10:00 Morné Jansen van Vuuren (Stellenbosch), Edwin Kutara (Whk Buiteklub), Josef Nugurib (Tsumeb), Gabriel Shikodi (Whk Buiteklub).

10:10 Grant Mather (Walvisbaai), Kevin Wentzel, Antonius Amugongo (Oshakati), Willem Hanamub (Tsumeb).

10:20 Karl Swarts (Whk Buiteklub), Stanley Gawanab (Walvisbaai), Stefanus Bonifatius (Rössmund), Ervin Tsaeb (Grootfontein).

10:30 Pieter Harmse (Tsumeb), Hans Naobeb (Rössmund), Walter Heibeb (Tsumeb), Thomas Hailonga (Tsumeb).

10:40 C Heunis, D Haimbodi, T Burger, J Mather.

10:50 J Katti, M Schreuder, P Shigwele, H Mudge (IV).

11:00 S Djuella, S Tjizao, E Ndakalako, G Mbako.

11:20 D Horaseb, J Martin, T Howaeb, C Voigts.

11:30 J Goagoseb, U Amukwaya, H Ndjendja, A Moses.

11:40 D Coetzee, C Jafta, I Hayward, L Tsoopara.

11:50 J Andreas, T Shitaleni, L Chivende, S Sibanda.

12:00 K Huseb, I Mavetera, S Tsaneb, C Xamiseb.

12:10 C Okamaru, B Haobeb, J Rayners, S Gura.

12:20 JP Smidt, A Musonda, M Katjirua, K de Klerk.

12:30 X Schreuder, T Voigts, M Musonda, F Coetzer.

WINDHOEK BUITEKLUB

Die Windhoek Buiteklub (WGCC) het laasweek toernooi nommer vyf in die reeks van sewe Windhoek Lager Monthly Medleys aangebied.

Spelers kon soos gewoonlik kies of hulle die medalje- of stableford-formaat wou speel, met dertig spelers wat medalje gespeel het (25 mans, drie vroue en twee juniors). Die 14 spelers in stableford het die totaal vir die dag tot 44 opgestoot. Beide kompetisies word gebruik om die klub se twee spanne vir die jaarlikse Toernooi van Kampioene saam te stel.

Corneels Jafta, met ’n voorgee van elf, was die algehele wenner toe sy bruto van 80 houe hom op 69 netto te staan gebring het.

Die ander voorste uitslae van die Windhoek Lager Monthly Medley was soos volg:

A-afdeling (voorgee 0-9): 1 George Vink (voorgee 6, netto 71). 2 Sakeus Matheus (voorgee 9, netto 71). 3 Jan van Wyk (voorgee 9, netto 71).

B-afdeling (voorgee 10-16): 1 Cor Beuke (voorgee, netto 70). 2 Willie Triegaardt (voorgee 12, netto 72). 3 Leevi Tshoopara (voorgee 10, netto 74).

C-afdeling (voorgee 17 en meer): 1 Vilho Hanghome (voorgee 17, netto 73). 2 Chris van Lill (voorgee 19, netto 75). 3 Edmore Chikohora (voorgee 18, netto 78).

Juniors: 1 Charlie Lohmann (voorgee 9, netto 72). 2 Yurie Ryvkine (voorgee 11, netto 89).

Vroue: 1 Rumiko Ishigami (voorgee 29, netto 75). 2 Suené du Plooy (voorgee 25, netto 77). 3 Evelyn Paulino (voorgee 26, netto 83).

Stableford-kompetisie: 1 Theo Saunderson (36 punte), 2 Mike van Vuuren (36), 3 Keith Gardiner (35), 4 Mike Beavis (33), 5 Frikkie Viljoen (31).

Vier pryse was op die spel vir houe naaste aan die pen en is deur Munya Chipfupa (putjie 3), Cor Beuke (putjie 9), Bertus Damon (putjie 13) en Evelyn Paulino (putjie 17) ingepalm.

Die WGCC spreek sy hartlike dank uit teenoor Windhoek Lager vir sy voortgesette ondersteuning om die reeks moontlik te maak.

• Môre bied die klub die eerste kompetisie geborg deur Douglas Motors aan.

Soortgelyk

 

Geingob: Kabinet sien mense se woede oor kurrupsie

15 ure gelede | Regering

Pres. Hage Geingob het vanoggend vanjaar se die laaste kabinetsvergadering gelei.Hy sê die land se topleierskap is bewus van die huidige korrupsiestorm in die visbedryf,...

Von Bach, Daan Viljoen kry water

15 ure gelede | Omgewing

Die Von Bachdam is nou 2,5% voller as Maandag. Teen 09:00 vanoggend het 3,4 m³ water die dam elke sekonde binnegevloei. NamWater het pas ’n...

NHE to build houses in informal settlement

1 dag gelede | Infrastruktuur

The National Housing Enterprise (NHE) has embarked on a pilot study for the construction of houses for qualified land owners living in informal settlements.Speaking at...

Crafting a future

1 dag gelede | Mense

Elizabeth JosephFrancois Wahl studied B.Acc at Stellenbosch University and is a qualified chartered accountant. Since taking the seat as the CEO of Nictus Furnishers, he...

Oordragplanne van Hatuikulipi’s gefnuik

1 dag gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer - Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) het gistermiddag by die aktekantoor in Windhoek beslag gelê op dokumente vir die oordrag van 15 deeltiteleenhede op Swakopmund...

Waarskuwing: Swaar storms tot Saterdag

1 dag gelede | Weer

Elvira Hattingh - Terwyl ’n vrou van Otjiwarongo Woensdag gesterf het toe reënwater haar meegesleur het, waarsku die Namibiese weerkantoor nog swaar storms kan tot...

Highly mechanised

1 dag gelede | Mense

Justicia Shipena Vivacious Marco Swart is a mechanical technician in the packaging engineering department at Namibia Breweries Limited (NBL) - a subsidiary of the Ohlthaver...

Compassion is the new fashion

1 dag gelede | Mense

Evany van WykMarizelle Pienaar lives by the motto, “the more you have to do, the more you get done.” She believes in being a balanced...

Never say never

1 dag gelede | Mense

Mariselle StofbergHester Uushona is a firm believer that being average in life is not an option. She strives towards making her mark while providing others...