Bekende sanger uit op borgtog

'n Musikant van Windhoek is gister op borgtog vrygelaat nadat hy verlede maand in die tronk beland het oor 'n vervalste dokument.
Jacqueline Louw
Jacqueline Louw - Die bekende Windhoekse liedjieskrywer en sanger, Zirk Jansen, het gister in die landdroshof in Windhoek voor landdros Celma Amadhila vir 'n formele borgtogaansoek verskyn nadat hy op 31 Augustus in hegtenis geneem is vir die oortreding van artikel 56(e) van die Immigrasiebeheerwet.

Dié klag spruit daaruit dat Jansen in besit gevind is van 'n vervalste volle Namibiese geboortesertifikaat. Staatsaanklaer Andreas Joseph het gister gesê die ondersoek na die aangeleentheid is nog nie afgehandel nie, maar dat dit wel bewys kan word Jansen se dokument is vals omdat dit dieselfde reeksnommer het as die geldige identiteitsdokument van iemand in Walvisbaai wat deur gemagtigde owerhede uitgereik is.

Volgens die Strafproseswet is die maksimum boete vir dié oortreding N$20 000 of vyf jaar tronkstraf.

Jansen is egter op borgtog van N$10 000 vrygelaat sonder die aanhoor van die borgtogaansoek omdat Joseph, ná konsultasie met die ondersoekbeampte, besluit het om die aansoek nie teen te staan nie.

Jansen se borgtog is toegestaan op voorwaarde dat hy homself op Vrydae tussen 8:00 en 17:00 by Windhoek se polisiekantoor aanmeld.

Die verhoor is tot 27 Oktober uitgestel.

Jansen word deur die prokureur Mbushandje Ntdinda verteenwoordig.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!