Bekende rugby-afrigter verskyn op diefstalklag
Andrew Poolman
'n Voormalige afrigter van Namibiese nasionale rugbyspanne op senior en junior vlak verskyn vanoggend in die Windhoekse landdroshof, nadat hy Sondag op aanklag van onder meer diefstal in hegtenis geneem is.
Die 35-jarige verdagte, 'n gewese nasionale rugbyspeler wat tot onlangs in diens van die Namibiese Rugbymaatskappy (NRL) was, was vir meer as 'n maand op die vlug nadat hy aanvanklik van die diefstal van vier skootrekenaars van die NRL aangekla was.
Hy word ook met die diefstal van ander NRL-toerusting insluitend 'n kamera, 'n projektor en die noodwiel van 'n NRL-voertuig verbind.
In 'n afsonderlike voorval het die verdagte na bewering verlede week die voertuig van 'n ander klaer gesteel, waarna hy Sondag in hegtenis geneem is.
Republikein verneem dat aanklaers die weiering van borgtog sal aanbeveel. Die verdagte word as potensieel gevaarlik beskou, met sy ouers wat ook klagte van aanranding en teistering teen hom aanhangig gemaak het.
Die verdagte het na verneem word onlangs vir 'n tyd lank behandeling by 'n dwelmrehabilitasiesentrum in die Wes-Kaap ondergaan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie