Bekende pedagoog sterf
Bekende pedagoog sterf

Bekende pedagoog sterf

Mnr. Jan Opperman sal onthou word as 'n stoere tugmeester en die stigter van die Primêre Skool Narraville se eerste blaasorkes.
Henriette Lamprecht
Otis Finck - Die voormalige hoof van die Primêre Skool Narraville (NPS) en filan­troop, mnr. Jan Opperman, is Saterdag in die ouderdom van 87 jaar oorlede. Opperman is die afgelope paar maande gereeld in die hospitaal opgeneem en het ná 'n lang siekbed by sy huis gesterf.

Opperman word oorleef deur 'n broer en 'n suster. Hy is nooit getroud nie en het geen kinders nie. Hy sal in Walvisbaai ter ruste gelê word.

Hy het 'n integrale rol in die onderrig van baie kinders en ook in die uitbreiding van NPS gespeel, ná sy aankoms in 1974 as jong wiskunde-­onderwyser in Narraville uit Orchard in Suid-Afrika.

Opperman het by NPS as onderhoof aangesluit en later die vierde skoolhoof van die skool geword. Hy sal onthou word as 'n stoere tugmeester en die stigter van NPS se eerste blaasorkes. Opperman het 'n geweldige invloed in die gemeenskap en die kwaliteit van onderrig gehad. Hy het vele mense se lewens in alle sfere van die gemeenskap geraak, iets wat ná sy aftrede voortgeduur het. In die lig hiervan is 'n straat in Narraville na hom vernoem.

NPS se huidige skoolhoof, mnr. Paul Fisher, het gesê Opperman het nooit sy roeping as onderwyser opgegee nie, die goeie stryd gestry en sy wedloop voltooi.

“Hy was iemand wat alles kon doen en in die onderrig van wiskunde gespesialiseer het. Hy laat 'n sterk basis van etiek en dissipline agter. Sy ryk nalatenskap en die pad waarop hy gereis het, sal nie nagedoen kan word nie. Sy eksotiese manier van redeneer en dink was ongelyk en nogal buitengewoon. Hy het baie mense oortuig.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!