Bekende oudkoerantman en boer sterf
Die 82-jarige mnr. Ewert Potgieter Benadé, ‘n oudredakteur van die Die Suidwester en later ook ‘n adjunkminister in die destydse oorgangsregering, is Maandag op sy plaas Noib by Mariental dood.
Hy word oorleef deur sy tweede vrou, Nita, sy vier seuns uit sy eerste huwelik en haar twee seuns.
Benadé, wat op Keetmanshoop skoolgegaan het, is in 1951 by die landdroskantoor in Windhoek as klerk aangestel.
Sy koerantloopbaan het begin toe hy berigte oor hofsake vir die destydse Suidwes-Afrikaner geskryf het. In September daardie jaar bied dié koerant hom ‘n pos as junior verslaggewer aan.
In 1956 besluit hy om sy vlerke te sprei en gaan werk by die Suid-Afrikaanse Persagentskap (Sapa) in Johannesburg. Die jaar daarna sterf sy pa en hy keer terug plaas toe om die boerdery oor te neem.
Benadé is in 1961 met Loraine Hite getroud en vier seuns is vir hul gebore: Francois, Buller, Robert en Ewert. Sy is in 2001 oorlede.
Hy was van jongs af aktief in die politiek as ‘n lid van die Verenigde Party. In 1981 word hy die pos as redakteur van Die Suidwester aangebied. ‘n Paar jaar later is hy aangestel as die adjunkminister van landbou en poswese in die destydse oorgangsregering – ‘n pos wat hy tot onafhanklikwording in 1990 beklee het.
Die begrafnisreëlings is nog nie bekend nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie