Bekende akkerbouman mu00f4re in Windhoek gegroet
Bekende akkerbouman mu00f4re in Windhoek gegroet

Bekende akkerbouman môre in Windhoek gegroet

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer



Namibië het een van die grond­leggers van die georganiseerde ­akkerboubedryf verloor.

Die 82-jarige mnr. Jürgen Hoffmann, eerste voorsitter en later ook uitvoerende hoof van die Namibiese Akkerbouraad (NAB), is Saterdagaand in Windhoek oorlede.

Vriende en geliefdes sal môre om 10:00 tydens 'n gedenkdiens in die kapel by die Windhoekse begraafplaas van hom afskeid neem. 'n Geselligheid vind daarna by nice-restaurant plaas.

Hoffmann, wat as 'n stiptelike, deeglike en toegewyde boer en later ook akkerbou-administrateur en internasionale handelskenners beskryf word, het op 'n plaas naby Grünberg in Duitsland (vandag is dit deel van Pole) grootgeword.

In Januarie 1945 het hy as tienjarige seun saam met sy ma voor die Russe gevlug en die gesin het gelukkig veilig en gesond by sy oupa in 'n dorp suid van Bremen aangekom.

Daar het hy skoolgegaan en ook deeglike praktiese sowel as teoretiese landbouopleiding ontvang. Me. Luise Hoffmann, sy vrou, vertel hy het in Bremen vir wyle mnr. August Lubowski van die plaas Kubub in Suidwes-Afrika ontmoet. Hy was 'n oom van adv. Anton Lubowski en het daarheen gegaan om 'n plaasbestuurder te soek. “Jürgen moes skriftelike bewyse lewer dat hy nie aan tuberkulose ly nie en dat hy nie 'n kommunis is nie. Mnr. Lubowski het die skeepskaartjie gestuur en so het Jürgen op 19-jarige ouderdom in Walvisbaai aangekom en per trein na Aus gery.



toegewyde boer

“Mnr. Lubowski het hom van 'n hoed uit sy plaasstoor voorsien en die volgende dag vir twee weke na Lüderitz vertrek om na sy besigheidsbelange om te sien. Intussen het die plaaswerkers vir Jürgen touwys gemaak op dié plaas van 40 000 ha waar met groot troppe karakoelskaap geboer is,” vertel sy.

Daarop volg 'n plaasbestuurspos by Okahandja, dambouwerk en werk as 'n vee-agent op Otavi. In Desember 1968 is hy aangestel as plaasbestuurder van die plaas Oros naby Platfeld noord van die Waterberg. Hy het dié plaas later gekoop en hy en Luise het met hul vier kinders tot 1996 daar geboer.

In dié tyd was hy deel van die Platfeld-studiegroep waar hy met groot deeglikheid boerderystatistieke en -metings bygehou het.

Ná sy afgetrede in 2000 as hoof van die NAB, is hy nog as konsultant ingespan vanweë sy kundigheid oor buitelandse handelskwessies. Later het hy 'n stigterslid van die Landbouhandelsforum (ATF) geword. In 2013 het hy die tuig neergelê, maar toe 'n personeeltekort opduik, is hy gevra om weer uit te help – iets wat hy tot enkele maande gelede gedoen het.

Volgens mnr. Christof Brock, sy opvolger by die NAB, sal hy onthou word vir die akkuraatheid van sy analises en voorleggings, en die deeglikheid waarmee hy sy werk aangepak het.

Luise sê hy het met oop oë deur die lewe gegaan en kennis baie vinnig geabsorbeer – “soveel so dat hy in sy later jare toegelaat is tot studiekursusse in Genève, Switserland, asof hy formele universiteitsopleiding gehad het”.

Hy laat benewens sy vrou en kinders ook sewe kleinkinders agter.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!