Bek-en-klouseer in SA is beheer
Bek-en-klouseer in SA is beheer

Bek-en-klouseer in SA is beheer

Dit kan nog lank duur voordat die buurland sy bek-en-klouseer-vrye status herwin.
Deur Riana de Lange - Die uitbreking van bek-en-klouseer in Limpopo is oënskynlik in bedwang, maar die land sal nog lank moet wag om die Internasionale Dieregesondheidsorganisasie (IOE) te vra om dit te bevestig.

Die departement van landbou sê geen nuwe kliniese gevalle van bek-en-klouseer is in die laaste sowat ses weke geïdentifiseer nie en alle serumtoetse vir die siekte was negatief.

Amptenare van die departement berei dokumente voor vir Suid-Afrika se aansoek by die OIE om weer bek-en-klouseervrye status te kry, maar die OIE se vergadering waarop dié kwessies bespreek word, vind eers in die tweede helfte van die jaar plaas, sê mnr. Khaye Nkwanyana, ministeriële woordvoerder.

Suid-Afrika het die status vroeg in Januarie verloor toe enkele gevalle van bek-en-klouseer in die Vhembe-distrik geïdentifiseer is.



Die siekte is hoogs aansteeklik en raak beeste, skape, varke, bokke en ander diere met gesplete hoewe.

Toe Suid-Afrika in 2011 ook sy bek-en-klouseervrye status verloor het, het dit drie jaar geneem om dit terug te kry, het me. Tracy Davids, bestuurder van kommoditeitsmarkte van die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid (BFAP), vroeër aan Rapport gesê.

In 2017 het Suid-Afrika beesvleis ter waarde van meer as R2 miljard uitgevoer (lewende diere uitgesluit), het sy gesê.

Die Rooivleisprodusenteorganisasie (RPO) raam dit kan die land tot R6 miljard per jaar kos wanneer daar ’n bek-en-klouseer-uitbreking is, het Farmer’s Weekly berig.

Nkwanyana sê die verbod op uitvoer raak die rooivleisbedryf erg omdat Suid-Afrika die grootste uitvoerder van rooivleis in Afrika is. Dit het gelei tot veel meer rooivleis op die plaaslike mark en pryse is verlaag om verkope aan te moedig.

Nie die Nasionale Dieregesondheidsforum of die departement kon vandeesweek sê wat die verbod op uitvoer die land tot dusver kos nie.

Die grootste markte vir Suid-Afrikaanse beesvleis is die Verenigde Arabiese Emirate (VAE), Koeweit en Jordanië, Mosambiek en Swaziland.

Davids het gesê uitvoer na Hongkong en die res van China het ook die laaste tyd gegroei. In 2016 was Suid-Afrika verantwoordelik vir 0,3% van die wêrelduitvoer van beesvleis.

Nkwanyana sê die departement het suksesvol onderhandel vir die hervatting van beesvleis-uitvoer na Bahrein, Egipte, Jordanië, Koeweit, Lesotho, Mosambiek, Katar, Swaziland en die VAE. Onderhandelinge met Namibië oor beesvleis en met Botswana oor vark gaan voort.

Markte vir suiweluitvoer is grootliks heropen, maar sekere markte vir die uitvoer van leer, velle en wol word nog geraak. Onderhandelinge gaan voort oor produkte wat verwerk word waartydens die virus vernietig word, het die departement Donderdag gesê.

mnr. Senzeni Zokwana, minister van landbou, het die Chinese ambassadeur ontmoet oor die voortsetting van handel en toelating van veilige produkte uit Suid-Afrika.

Ingevolge die OIE se reëls het elke land wat uit Suid-Afrika invoer, steeds die reg om sy eie vlak van beskermingsmaatreëls in te stel. Daar kan dus nie aanvaar word uitvoermarkte vir veilige produkte is outomaties oop wanneer die uitbreking gestuit is nie, waarsku die departement.

Intussen vorder die departement met die hulp van boere en van staats- en private veeartse goed om die siekte te beheer.

Die Dieregesondheidsforum sê begin vandeesmaand was meer as 24 000 beeste in die siektebeheergebied reeds ingeënt. Dit sluit in 13 500 beeste in die voormalige vrye sone en 10 500 in die siekte-beskermingsgebied.

Nkwanyana sê die gebied is steeds onder kwarantyn en geen diere beweeg in of uit die gebied nie. “Danksy die intensiteit van die ingrypingsprogramme om die siekte te beheer, is geen nuwe gevalle gevind nie.” – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.87 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.39 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.87 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.87 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.39 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.87 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%