Bek-en-klouseer breek in SA se Limpopo-provinsie uit

07 November 2019 | Landbou
Die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) in Suid-Afrika sê bevestiging deur die departement van landbou, bosbou en visserye dat ’n geval van bek-en-klouseer in die Molemole-distrik van Limpopo geïdentifiseer is, wek groot kommer.
"Dit het nie net ‘n negatiewe uitwerking op die rooivleisbedryf nie, maar ook op die landbousektor as ‘n geheel," sê die RPO in 'n verklaring wat pas uitgereik is.

"Ná die uitbreking in Januarie 2019 is daar hard gewerk om Suid-Afrika se status bek-en-klouseer vrye sone te herstel. Dié jongste verwikkeling is ‘n ernstige terugslag. Dit is noodsaaklik dat die omvang van die probleem dringend bepaal word."

Die RPO sê dié uitbreking onderstreep weer eens die noodsaaklikheid van ‘n naspeurbaarheidstelsel in die lewendehawebedryf in die buurland.

Hoewel die direktoraat veeartsenydienste in Namibië nog nie 'n verklaring uitgereik het oor stappe wat gedoen gaan word om die plaaslike bedryf te beskerm nie, is dit standaard praktyk om die grens vir sekere invoere te sluit.

Een van die produkte wat geraak kan word, is gebaalde ruvoer vir vee.

Foto ter illustrasie

Soortgelyk

 

Miljoene gevra ná ongeluk leerling eis

8 ure gelede | Howe

Henriette Lamprecht – Die ouers van ’n matriekleerling wat in 2016 in ’n motorongeluk dood is en waarin haar vriend ernstig beseer is, dagvaar...

Geingob neem aanstoot

8 ure gelede | Regering

Denver Kisting – ’n Hoë prys is vir Namibië se demokrasie betaal en strukture mag nie vir persoonlike en politieke gewin misbruik word nie. “Ons...

VERKIESINGS 2019: PRESIDENSIËLE KANDIDATE

8 ure gelede | Politiek

Bernardus SwartbooiLandless People's Movement (LPM) Bernardus Clinton Swartbooi het weggebreek van Swapo toe hy in 2017 weens kritiek teen die regering gedwing is om as...

Weer vir 11 November 2019

8 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met enkele tot geïsoleerde donderstorms in die Noorde, Noordooste en oostelike dele. Elders sal dit gedeeltelik bewolk...

Namibië, China se band opnuut gekap

8 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Pres. Hage Geingob loop veral in die sosiale media deur nadat China se premier, me. Sun Chunlan, gesê het dié land en...

‘Gevaarlike’ man ná vyf dae aangekeer

8 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting – Vyf dae nadat ’n man onder polisiebewaking uit ’n hospitaal verdwyn het, is mnr. San Ricky Geingob weer agter tralies.Hoofinsp. Kauna Shikwambi,...

‘Jagter’ se prokureur onttrek

8 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg - Die sogenaamde jagter wat daarvan beskuldig word dat sy ’n Britse joernalis tydens ’n jag- en visvangsafari ingeloop het, se regsverteenwoordiger het...

Tragedie tref toergroep

8 ure gelede | Ongelukke

Iréne-Mari van der Walt op Swakopmund - Altesaam 34 Duitse toeriste se Namibiese reis is kortgeknip ná hul “Rotel”-bus aan die brand geslaan het.Die bus...

VERKIESINGS 2019: GRONDHERVORMING, LANDBOU EN DIE KLIMAAT

8 ure gelede | Politiek

In die reeks neem ons politieke partye se manifeste in oënskou wat sekere sleutelkwessies betref.ALL PEOPLE’S PARTY (APP)• Vergoeding vir volksmoorde en hervestiging van die...