Bek-en-klouseer: 189 gevalle in Zambezi

30 June 2021 | Landbou
Kenya Kambowe op Rundu – Onder die meer as 41 000 beeste in die gebied wat tans geraak word deur die onlangse uitbreking van bek-en-klouseer, is 189 gevalle in die Zambezistreek bevestig.

Dít is Maandag bevestig deur dr. Albertina Shilongo, hoof-veeartsenybeampte in die direktoraat veeartsenydienste (DVS) in die landbouministerie, wat bykomende inligting verskaf het oor die ministerie se pogings om dié uitbreking hok te slaan.

Die uitbreking is op 3 Junie op die dorpie Kasenu in die Kasiku-gebied waargeneem, en volgens Shilongo het die siekte versprei na Mashika, 'n dorpie 3 km van Kasenu geleë.

Shilongo het gesê van die 600 beeste uit ses krale op Kasenu, het 181 positief vir die siekte getoets, tesame met agt beeste op Mashika.



INENTINGS

Shilongo het gesê om dié kwessie die hoof te bied, het die ministerie 'n inentingsveldtog van stapel gestuur waar 40 281 beeste in die betrokke gebied ingeënt is.

Die totale beesbevolking in die gebied is 41 066.

“Ons het begin met intensiewe ­waarneming sodat ons die omvang van die uitbreking kan bepaal,” het sy gesê.

“Ons is besig om die beeste in die betrokke gebiede, asook in die hele Zambezistreek, in te ent as deel van die jaarlikse inentingsveldtog.”

Shilongo het gesê hulle het egter 'n paar uitdagings ervaar om by dié gebiede uit te kom, aangesien die gebied 'n vloedvlakte is en hulle van snelbote gebruik moes maak.



VERBOD

'n Verbod is op die beweging van alle lewende hawe met gesplete hoewe uit en deur die gebied ingestel.

Die beweging van vee met gesplete hoewe in, binne en deur die res van die Zambezistreek word steeds toegelaat, met die uitsondering van die siektebestuursgebied (DMA). Dieselfde geld vir ander kommoditeite.

Die beweging van rou vleis, rou melk en veevoer word wel binne die gebied toegelaat.

Die onlangse uitbreking volg net meer as 'n maand nadat Namibië in April die beperkings op die vervoer en beweging van diere met gesplete hoewe en hul produkte in die DMA opgehef het.

Sedert September verlede jaar is nege kiesafdelings deur bek-en-klouseer getref.

[email protected]

Soortgelyk

 

Hengari at the forefront of the youth agenda

3 ure gelede | Skole

Rivaldo Kavanga Hailing from Okakarara in the Otjozondjupa Region, Inna Koviao-Vetarere Hengari (25) is Namibia’s youngest elected parliamentarian. She currently leads the youth agenda...

For the love of reading

3 ure gelede | Onderwys

The Presidential Advisor on Youth Matters and Enterprise Development, Daisry Mathias, joined learners at Fidel Castro Primary School to mark 2021 National Readathon Week. Mathias...

New education act, regulations in final stages

3 ure gelede | Onderwys

Iréne-Mari van der Walt The regulations adjacent to the new education act are in their final stages, according to the education inspector for...

Let’s talk about it

3 ure gelede | Skole

Monique Adams On Thursday, 2 September, the Office of the First Lady and One Economy Foundation facilitated an intergenerational dialogue with young people.This dialogue looked...

Jong skoonheid met 'n hart van goud

3 ure gelede | Skole

Mariselle Stofberg – Vir Chanique (Chani) Rabe wat onlangs as die nuwe Mej. Supranasionaal 2021 aangewys is, is haar passie vir jeug- en gemeenskapsontwikkeling ’n...

Windhoek Hospitality and Culinary College introduces new programme

3 ure gelede | Onderwys

Desiree Gases The Windhoek Hospitality and Culinary College (WHCC) is introducing Namibia Training Authority’s (NTA) level two housekeeping, laundry and front office programme with an...

Following in my father’s footsteps

3 ure gelede | Skole

Amalia Cloete I am currently studying at the International Training College Lingua. I am doing an honours degree in human resource (HR) management, and this...

Pupkewitz Megabuild launches 2022 graduate programme

3 ure gelede | Onderwys

Wetumwene Shikage The Pupkewitz Megabuild Graduate Programme initiative is aimed at supporting newly graduated students to gain work experience, which will serve as an additional...

Rundu in die donker

10 ure gelede | Energie

Inwoners van Rundu is sedert 10:00 vanoggend sonder krag. Volgens NamPower se areabestuurder vir die noordelike streek, mnr. Petrus Immanuel, is dit weens tegniese...