Bejaardes kies nuwe verteenwoordigers
Maria Eiseb - Bejaardes in die Khomasstreek het onlangs in die hoofstad nuwe lede vir die Vereniging vir Namibiese Senior Burgers se komitee verkies.
Volgens me. Isabella Swartbooi, sekretaris van die komitee, is hulle in 2011 gekies en sedertdien was daar nie weer 'n verkiesing nie.
Met verloop van tyd het slegs twee komiteelede oorgebly wat op vrywilligers se hulp moes staatmaak.
“Wanneer al die streke bymekaarkom, steek die Khomasstreek altyd by die klein dorpies af en dit kan nie so aangaan nie. Ons moet onsself regruk en ons sokkies optrek,” het Swartbooi gesê.
Sy het by die byeenkoms versoek dat flukse individue gekies word.
Swartbooi het gesê hulle is destyds aangeraai om ook individue wat effe jonger as 60 is, te kies, aangesien hulle nog die energie het om te help en omdat hulle ook “amper in die kring van die silwerhare is”, het sy gesê.
Die komiteevoorsitter moet egter bo 60 wees, het sy bygevoeg. Volgens Swartbooi het 'n traak-my-nieagtige houding bestaan wat vooruitgang belemmer het.
Sy het voorts gesê individue moet verkies word op grond van hul vermoë om die werk te kan doen.
“Die mense moet kan werk, en hulle moet ook nie van dieselfde kerk wees nie. Dit is omdat mense van net een kerk gekies is dat die werk ten gronde gegaan het,” het sy gesê.
Volgens Swartbooi is daar heelwat werk om te doen en diegene wat aangestel word, moet saamwerk met een doel voor oë.
Sy het gesê die komitee sal nie hulp en insae van buite verwerp nie, maar sal graag wil hoor watter kwessies senior burgers raak.
Mnr. Walter Pakarae, 'n komiteelid, het gesê hy is bereid om sy kant te bring.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie