Bejaarde vrou op Swakop aangerand, beroof
Beeldmateriaal van die boosdoeners is op kringtelevisiekameras vasgelê.
Jessica Botes - 'n Bejaarde vrou (80) van Swakopmund is gister om 11:30 by haar huis in Flamingostraat deur drie mans aangerand en beroof.
Volgens die slagoffer het die mans om die huis gestap tot waar sy agter in die tuin besig was om wasgoed op te hang.
Onder die voorwendsel dat hulle na 'n verlore bal op soek was, het die drie mans glo die bejaarde vrou getakel, haar in die badkamer ingesleep, vasgemaak en wreed aangerand.
Die mans het haar glo ook van haar horlosie en beursie beroof.
Die slagoffer het gedurende die aanval aanhoudend gegil.
Dít het haar aanvallers laat skrik en weghardloop.
'n Buurman het die slagoffer se noodkrete gehoor en haar onmiddellik te hulp gesnel. Die vrou se huishulp het ook die Swakopmund-buurtwag en die polisie gebel, wat dadelik die spoor van die vermeende aanvallers gevolg het.
Beeldmateriaal van die mans wat deur 'n buurman se kringtelevisiekameras opgeneem is, is gister wyd op sosiale media-platforms versprei in 'n poging om die mans aan te keer.
Die vrou het versoek dat haar naam nie bekend gemaak word nie uit vrees vir vergelding.
Volgens Erongo se hoof plaaslike ondersoekkoördineerder, adjunkkommissaris Ottilie Kashuupulwa, is die slagoffer nie ernstig beseer nie. Sy het gesê die polisie is steeds op soek na die verdagtes.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie