Bejaarde op Henties dood ná aanranding

09 June 2021 | Misdaad
Henriette Lamprecht – ’n Bejaarde inwoner van Hentiesbaai, die 83-jarige Carel Johannes Thomas, is na bewering Sondag wreed met ’n hark en moersleutel oor sy kop en liggaam aangerand. Hy het later in die Cottage-hospitaal op Swakopmund aan sy beserings beswyk.

Volgens die woordvoerder van die Namibiese polisie in die Erongostreek, adj.komm. Erastus Iikuyu, het die voorval tussen 20:00 Sondag en Maandag omstreeks 15:40 in sy huis in Oranjestraat gebeur.

Volgens Iikuyu is Thomas Maandagbewusteloos in sy sitkamer gekry. ’n Vriend kon hom nie op sy selfoon bereik nie en het iemand gestuur om ondersoek te gaan instel. Na bewering het die boewe terwyl Thomas nie tuis was nie, die meeste van sy huis se vensters en ’n deur gebreek, maar kon weens diefwering nie toegang tot die huis kry nie.

Iikuyu sê met Thomas se aankoms by die huis, vermoedelik Sondagaand, is hy aangeval en die boosdoeners het toegang tot die huis verkry. ’n Pistool, ’n geweer en ’n televisie is onder meer gebuit. Thomas is in ’n kritieke toestand na die Cottage-hospitaal vervoer, waar hy aan sy beserings beswyk het.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie. Enige persoon met inligting oor die voorval kan vir Iikuyu by 081 246 4757, adj.insp. Daniel Gurirab by 081 233 3745 of speuradj. Sacky Shikalepo by 081 273 5662 skakel.

[email protected]

Soortgelyk

 

27 sterftes, 1 403 nuwe gevalle

20 minute gelede | Gesondheid

Die Covid-sterftes styg met 27 - tien in Windhoek, drie elk in onderskeidelik Oshakati en Onandjokwe, twee elk in onderskeidelik Okahandja, Tsumeb en Rehoboth en...

27 sterftes, 1 649 nuwe gevalle

23 ure gelede | Gesondheid

Die sterftesyfer skiet met nog 27 - nege in Rehoboth, agt in Windhoek, drie in Keetmanshoop, twee in Walvisbaai en een elk in onderskeidelik Karasburg,...

Mental well-being suits us all

2 dae gelede | Mense

DR JOHN STEYTLERMental health is a subject which we are only starting to scratch the surface of in Namibia and it is not talked about...

Diva of finesse and fitness

2 dae gelede | Mense

Jeanette DiergaardtLiezel Ndjaronguru, a 32-year-old businesswoman, allows fitness enthusiasts to bring their best attitude to the table when working out. In 2013 the owner of...

Bonifatius Kantori Paulino is the Managing Director at Alexander...

2 dae gelede | Mense

Wetumwene Shikage Since Paulino joined Alexander Forbes, he spent some time to familiarise himself with the areas of responsibility of the position of...

Streng vereistes vir gebruik van blitstoetse

2 dae gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die Namibiese Medisynebeheerraad (NMRC) het opgedateerde regulasievereistes vir die verkoop, verspreiding en gebruik van antigen-blitstoetse vrygestel.Die NMRC sê antigeen diagnostiese blitstoetse (Ag-RDT’s)...

Sterftes neem sesvoudig toe

2 dae gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die Covid-sterftes vir Namibië het bykans sesvoudig die afgelope ses maande toegeneem – vanaf 16 sterftes per week in Desember verlede jaar...

'Woestynpsalm' nou in pylvak

2 dae gelede | Byvoegsels

Bosman Films, 'n jong produksiemaatskappy in die Namibiese filmbedryf, het opgewonde aangekondig dat produksie vir hulle eerste film, Woestynpsalm, onlangs afgehandel is. Woestynpsalm is 'n...

High-flyer Samantha Geyser soared to customer service executive at...

2 dae gelede | Mense

Staff reporterSamantha Geyser dreamed of becoming a pilot when she was a young girl. She admired Amelia Earhart for her achievement of being the first...