Bejaarde Hollander sterf op Daan Viljoen-wandelpad
Die lyk van 'n 70-jarige Hollandse burger is Saterdagoggend op 'n wandelpad in die Daan Viljoen-wildtuin buite Windhoek gevind.
Die polisie sê in sy misdaadverslag die man het Donderdagoggend omtreeks 10:00 alleen die 9 km lange wandelpad aangepak. Hy het by die lodge in die park tuisgegaan.
Sy rugsak, met kontant en sy persoonlike dokumente daarin, is by hom gevind.
Sy naam is nog nie bekend gemaak nie. Intussen duur die ondersoek na sy dood voort.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie